Hulp:Vertaling
Inhoud · Wikispecies algemeen · Taksonnavigasie-afdeling · Naamafdeling · Verwysingsafdeling · Afdeling vir volksname
Riglyne vir Prente · Outeurname & Outeurbladsye · Projeksjablone · Projekbronne · Vertaling
Let daarop dat ons probeer om Wikispecies so taal-neutraal as moontlik te hou. Daar is egter wel 'n Vertalings-uitbreiding op Wikispecies geïnstalleer, en jy is welkom om te help om die hulp- en riglynbladsye te vertaal.
Alle bladsye in die volgende naamspasies is beskikbaar vir vertaling:
- Wikispecies: (Wikispecies)
- Hulp: (Help)
- MediaWiki: (MediaWiki)
- Sjabloon: (Template)
Wees bewus daarvan dat, alhoewel dit algemeen is in sommige taal-ortografieë – veral Frans – kan ons nooit 'n spasie tussen die naamspasie-naam en die dubbelpunt hê nie, vir tegniese MediaWiki redes. Daarom sal MediaWiki altyd Help:
gebruik en nie Help :
nie.
Hoe om te help
- Jy kan help deur bladsye te merk vir vertaling. 'n Handleiding is hier beskikbaar. Vertalingsadministrateurs sal die vertalingsfunksie op die bladsy aanskakel.
- Jy kan ook inhoud vertaal wanneer jy 'n "Vertaal hierdie bladsy"-nota bo-aan 'n bladsy of op Special:Translate en Special:PageTranslation sien.
- Jy kan ook byvoegings maak tot alle skakels wat verwys na bladsye met naamspasies bokant
Special:MyLanguage/
. Die skakel sal die gebruiker herverwys na die taalkorrekte weergawe van die bladsy, na aanleiding van die gebruiker se voorkeurkeuses.- Byvoorbeeld: Vervang
[[Wikispecies:Policy|Policy]]
met[[Special:MyLanguage/Wikispecies:Policy|Policy]]
- Vir gevalle soos
[[Wikispecies:Policy]]
, las 'n pypsimbool ("|
") by, gevolg deur die oorspronklike skakel, as volg:[[Special:MyLanguage/Wikispecies:Policy|Wikispecies:Policy]]
- Byvoorbeeld: Vervang
- Besoek Wikispecies:Lokalisering om te help met die vertaling van individuele items op die gebruikerskoppelvlak van die meeste van ons artikels.
- Die Taalstatistiek bladsy is nuttig vir die opsporing van "boodskapgroepe" wat vertaal moet word. Vul jou taal se ISO 639 taalkode in en klik op die "Wys statistieke"-knoppie om 'n lys met die persentasie van voltooide vertalings in elke boodskapgroep te sien, tesame met 'n direkte skakel na hulle onderskeie vertalingsbladsye.
- Enige vrae? Gebruik aub. die Kennisgewingbord vir Vertalingsadministrateurs.