Wikispecies:Aangaande

This page is a translated version of the page Wikispecies:About and the translation is 100% complete.

Verwys ook na Wikispecies op Wikipedia

Regverdiging

Bioloë wat nuwe spesies beskryf publiseer dit normaalweg in gespesialiseerde vaktydskrifte, en dit het 'n oorweldigende hoeveelheid inligting tot gevolg waaroor niemand 'n oorsig het nie. Selfs kundiges in gespesialiseerde velde kom nie altyd dadelik agter wanneer dieselfde spesies twee-, drie- of selfs meermale formeel beskryf word nie.

Dit is dus nie bekend hoeveel spesies bekend is nie, en dit is net so belaglik as wat dit klink. Ons praat nie nou van al die spesies wat bestaan op aarde nie, eerder van die totale aantal spesies wat tot dusver aangeteken is in wetenskaplike publikasies.

Niemand weet regtig hoeveel daar is nie. Kundige 'A' mag glo daar is 17 000 Annelida-soorte, maar kundige 'B' is bewus van omtrent 20 000. Dit is omdat daar geen sentrale registrasieproses, en geen databasis of verwysingsgids, beskikbaar is waar inligting oor die huidige vlak van kennis vir 'n betrokke spesies nagegaan kan word nie.

Toekomsblik

Wikispesies moet 'n sentrale, uitgebreide taksonomiedatabasis word: 'n toeganklike, uitgebreide databasis vir beide wetenskaplikes en leke, wat die verskeidenheid van lewe op planeet Aarde versinnebeeld. Want Lewe is in die openbare domein!

Daar is reeds verskeie groot, befondste wetenskaplike projekte wat almal min of meer dieselfde doelwit het. Voorbeelde sluit in Catalogue of Life, EoL, ens., ens. Die grootste probleem met die meeste sulke projekte is dat hulle nie openlik gewysig kan word nie, sodat die onvermydelike foute "vasgesluit" is en moeilik om reg te maak…

Samewerking

Indien jy inhoud wil byvoeg op Wikispecies, maar wonder hóé, kyk na ons Hulp:Inhoud-afdeling vir 'n verduideliking van hoe maklik dit is om inligting by te voeg op Wikispecies.

Vrae oor ons beleid aangaande Wikispecies? Verwys na Wikispecies:Handves wat 'n bietjie meer daaroor te sê het.