This page is a translated version of the page Help:Contents and the translation is 100% complete.


Wikispecies is 'n gratis gids tot spesies. Dis baie soos Wikipedia, die gratis ensiklopedie, en dit word ook gesamentlik geskryf deur sy lesers. Die volgende artikels gee leiding en inligting oor hoe om die webwerf te lees, te skryf en by te dra tot die inisiatief.

Hierdie bladsy dek basiese wiki opmerkteks vir redigeringsdoeleindes. Indien jy reeds vertroud is met basiese wiki opmerkteks kan jy direk gaan na: Hulp:Algemene Wikispecies.

Handleiding

Sou jy graag wou bydra tot Wikispecies? Hierdie is die aangepaste handleiding vir Wikipedia, waarin ons jou wys hoe jy self Wikispecies webbladsye kan wysig.

Wikispecies is 'n gesamentlik geskryfde gids tot alle species, waartoe jy ook 'n bydrae kan maak. Hierdie reeks bladsye sal jou die nodige vaardighede en kennis gee sodat jy ons kan begin help om voort te bou aan hierdie projek.

Elke bladsy behandel 'n nuttige funksie van die wiki sagteware, gee leiding oor styl en inhoud, of voorsien inligting oor die Wikispecies gemeenskap of belangrike Wikispecies beleid en gebruike.

Hou in gedagte dat hierdie bloot 'n handleiding is, nie 'n volledige handboek, en ook nie 'n formele beleidsdefinisie nie. Sou jy meer besonderhede verlang, volg gerus die deurgaans ingevoegde skakels na meer diepgaande Wikipedia bladsye.

Daar is ook skakels na plekke waar jy jou kennis kan toets soos wat jy leer. Gebruik aub. die geleentheid om dinge te toets en bietjie te speel. Niemand sal vies word as jy jou eie eksperiment in 'n toetsarea breek nie, so speel gerus en kyk wat jy kan bereik.

Let wel: die skakels in hierdie handleiding neem aan dat jy die verstek-bladsyuitleg gebruik. Indien jy ingeteken is as 'n geregistreerde gebruiker, en jy het jou verstek-voorkeure verander, mag die bladsye waarna die skakels verwys dalk op ander plekke wees.

Wysig bladsye

Ons begin met die mees fundamentele wiki-funksie: Wysig. Buiten vir enkele beskermde bladsye, is daar 'n "wysig" skakel bo-aan elke ander wiki bladsy. Soos wat dit sê, laat hierdie skakel jou toe om veranderinge te maak aan die bladsy voor jou. Dis immers wat 'n wiki is: 'n webwerf waar enigeiemand enigeiets kan wysig.

Probeer dit gerus! Maak Wikispecies se Sandput oop in 'n nuwe venster, en klik op die "wysig hierdie bladsy" skakel. Die bronkode vir daardie bladsy sal verskyn. Skryf iets grappig, of dalk net 'hello'. Stoor dan die bladsy en jy sal jou wysigings kan sien.

Wys voorskou

Een belangrike funksie wat jy sommer uit die staanspoor behoort te gebruik is "Wys voorskou". Dit wys vir jou hoe die bladsy gaan lyk nadat jou wysigings aangebring is, en voordat jy hulle stoor. Toets dit in die sandput: probeer om iets daar te wysig en klik dan op die voorskou knoppie. Almal maak foute, maar hiermee kan jy hulle dadelik raaksien en regmaak. As jy uit gewoonte Wys Voorskou gebruik elke keer voordat jy iets stoor sal dit vir almal baie moeite spaar, jouself inkluis. Dit is verder ook handig om bv. formaatveranderings te vergelyk, sonder dat daar enige werklike veranderinge aan die artikel aangebring word totdat jy tevrede is.

Die volgende is veral belangrik indien jy verwag om verskeie veranderinge aan dieselfde bladsy maak. Dan is dit beter om die bladsy net een keer te stoor, nadat jy alles wat jy wou gedoen het; dit keer dat die bladsygeskiedenis onnodig vol word met 'n klomp klein veranderingkies. Deur minder gereeld te stoor kan jy ook wysigingskonflikte vermy, wat kan gebeur wanneer twee verskillende redakteurs tegelykertyd aan dieselfde bladsy werk. Aan die ander kant, indien jy besig is om groot hoeveelhede teks verander, is dit weer beter om dit stapsgewys te stoor, bv. na elke paragraaf, dan word dit makliker vir ander om jou wysigings te volg.

Klein wysigings

Terwyl jy ingeteken is as 'n geregistreerde gebruiker, het jy die opsie om enige wysiging te merk as 'n "klein wysiging" deur die toepaslike keuseblokkie te klik voor jy dit stoor. Dit beteken dat jou wysiging niks beduidend is nie. Daar is geen vaste riglyne oor wat beduidend is of nie, maar gewoonlik sal die regmaak van spelfoute, of klein formatteringsveranderinge soos die invoeg van 'n spasie of 'n skakel, as klein wysigings beskou word. In die algemeen is voorkomsveranderinge klein, maar inhoudsveranderinge nie. As jy hoegenaamd twyfel, moenie die blokkie merk nie.

Opsomming van wysigings

Dis altyd goed as, net voordat jy jou wysigings stoor, jy 'n kort opsomming van die veranderings wat jy aangebring het invoeg in die opsommingsboksie wat sit tussen die redigeringsvenster en die Stoor en Voorskou knoppies. Dit kan baie kort wees, bv., as jy net "spelfout" tik is dit genoeg vir almal om te weet dat dit net 'n klein veranderinkie was.

Lettertipestyl en opskrifte

Vetdruk en skuinsdruk

Die skryf van teks in Wikispecies benut ander funksies as waaraan jy dalk gewoond is in 'n woordverwerker.

Die wiki kan wel sekere HTML etikette verstaan, maar die meeste mense gebruik eerder die ingeboude wiki opmerktaal, wat ontwerp is om redigering te vergemaklik. Die mees algemeen gebruikte wiki etikette is vetdruk and skuinsdruk. Beide word bewerkstellig deur 'n woord of sinsdeel in te sluit tussen verskeie aanhalingstekens:

  • ''skuinsdruk'' vertoon as skuinsdruk. (2 aanhalingstekens)
  • '''vetdruk''' vertoon as vetdruk. (3 aanhalingstekens)
  • '''''vet skuinsdruk''''' vertoon as vet skuinsdruk. (2 + 3 = 5 aanhalingstekens)

Afdelings en onderafdelings

Afdelings en onderafdelings verbeter die leesbaarheid van artikels. Waar verskillende onderwerpe behandel word kan jy die artikel beter organiseer deur 'n opskrif in te voeg bo-aan elke seksie.

Opskrifte word so gemaak:

  • ==Hoofopskrif== (2 gelykaantekens)
  • ===Onderafdeling=== (3 gelykaantekens)
  • ====Kleiner onderafdeling==== (4 gelykaantekens)

Indien 'n artikel drie of meer afdelings het, sal 'n inhoudsopgawe outomaties daarvoor geskep word. Probeer opskrifte skep in die Wikispecies Sandput en let op hoe hulle outomaties bygelas word by die inhoudsopgawe van die bladsy.

Interne skakels

Een ding wat die kombinasie van Wikispecies met Wikipedia baie nuttig maak is wedersydse kruisverwysing deur middel van interne skakels. Dit is maklik om hierdie skakels te skep, en dit gee lesers dan toegang tot verwante inligting ten opsigte van die betrokke artikel.

Wanneer om te koppel

Die maklikste manier om te leer wanneer om skakels in te voeg is eenvoudig om na ander Wikispecies artikels te kyk en hulle na te aap. Indien jy onseker is of jy dit moet doen of nie, vra jouself af: "As ek die leser was, sou dit vir my nuttig wees om hierdie skakel te volg??"

Hoe om te koppel

Om te koppel aan 'n ander Wikispecies bladsy (ons noem dit 'n wiki-skakel), sit dit in dubbele vierkantige hakies. So:

[[Artikel X]]

As 'n voorbeeld, sou jy 'n skakel wou maak na die bladsy Wikispecies:Hoe om by te dra tot Wikispecies, sal dit wees:

[[Wikispecies:Hoe om by te dra tot Wikispecies]]

Onthou dat skakels in Wikispecies outomaties geskep word. Sodra jy dubbele vierkantige hakies rondom enige woord sit word dit 'n skakel, en daarom moet jy sorg dra om nie per ongeluk dubbelsinnige skakels te skep nie.

As jy wil hê dat die vertoonteks van die skakel iets anders as die titel van die artikel moet wees, voeg 'n pypsimbool ("|", of, SHIFT + "\") na die titel in, en dan jou alternatiewe teks.

In dieselfde voorbeeld as hierbo, indien jy wou hê dat die skakelteks eerder "my teks" moet wees, kan jy dit so skryf:

Skakel na artikel [[Artikel X|my teks]]...

Dit sal vertoon as:

Skakel na artikel my teks...

maar dit sal koppel aan "Artikel X".

Alternatiewe uitgange

Wanneer jy die meervoud van 'n artikel se titel wil gebruik, of enigeiets anders daarby wil las, kan jy die ekstra letters direk na die dubbele vierkantige hakies skryf.

Jy kan byvoorbeeld skryf:

Seesoogdiere soos [[dolfyn]]e...
Kontinentale [[plant]]egroei...

Dit sal vertoon as gekoppelde verwysings.

Verwante webwerwe

Wikispecies is net een van verskeie projekte van die WikiMedia-stigting. Wikipedia is bedoel vir langer artikels oor onderwerpe soos wat met mens gewoonlik in 'n ensiklopedie sal kry.

Enige artikel wat bloot 'n woord of kort sinsnede defineer, soos wat mens gewoonlik in 'n woordeboek sou vind, hoort eerder in Wikipedia se suster-projek Wiktionary. Daar is ook 'n gemeenskaplike rekenaar-leesbare databasis waaruit alle projekte data kan onttrek met die naam van Wikidata en 'n projek wat prente met gratis lisensies bymekaartrek, Commons.

Vir 'n lys van alle verwante projekte, verwys na Complete list of Wikimedia projects. Die mees gebruikte projekskakels word gelys in die Template help.

In plaas van die hele webadres, kan jy 'n wiki-skakel gebruik, soortgelyk aan 'n gewone Wikispecies skakel, net met 'n spesiale voorvoegsel. Byvoorbeeld:

[[wiktionary:huis]] of [[wikt:huis]].

Dit sal koppel aan die Wiktionary definisie vir die woord "huis". In jou artikel sal dit vertoon as:

wiktionary:huis of wikt:huis

Jy kan die "wiktionary:"-gedeelte wegsteek deur 'n pypsimbool "|" in te voeg net soos voorheen:

[[wikt:huis|]].

Dan is die resultaat:

huis

Ander projekte het soortgelyke kortpaaie:

In uitsonderlike gevalle kan tussentaal-skakels na Wikipedia in ander tale bygevoeg word met die taalafkorting, bv. "en:" vir die Engelse of "af:" vir die Afrikaanse Wikipedia. Net vir die Engelse Wikipedia kan dit kan ook gedoen word deur "w:" voor die skakel in te voeg. Let egter daarop dat dit normaalweg nie aanbeveel word word om skakels na enige Wikipedia met die hand in te voeg nie, aangesien Wikidata elkgeval sulke skakels aoutomaties sal byvoeg. (Die tussenwiki-skakels wat deur Wikidata geskep word is nie sigbaar in die bladsy se kode nie, maar kan gesien word in die linkerkantse kieslys onder "In Wikipedia". Aangesien daar geen nut is daarin om duplikaatskakels op 'n bladsy te hê nie, sal Wikipedia-skakels wat met die hand ingevoeg word waarskynlik verwyder word.)

Eksterne skakels

Indien jy wil koppel aan 'n webwerf wat nie 'n Wikimedia projek is nie, is die beste plek daarvoor byna altyd onder die "Eksterne skakels" opskrif aan die einde van 'n artikel.

Die maklikste manier om 'n skakel in te voeg is eenvoudig om die volledige webadres van die bladsy waaraan jy wil koppel in te tik. As jy byvoorbeeld aan Google wil koppel is al wat jy hoef te tik:

https://www.google.com/

Die wiki sal dit outomaties as 'n skakel herken (soos wat dit hierbo gedoen het) en sal die rou webadres vertoon, insluitende die "http://" gedeelte. In praktyk sien mens egter nie dikwels hierdie formaat nie, want rou webadresse kan lelik wees en min aanduiding gee van waaroor die webwerf nou eintlik gaan.

Om die skakel ander teks as die webadres te laat vertoon, omsluit dit met vierkantige hakies. Om te koppel aan Google, tik:

[https://www.google.com/].

Nou sal die skakel vertoon as 'n nommer tussen hakies, so: [1]. Hierdie formaat word meesal gebruik binne artikels om na bronne te verwys. Dit lyk soos 'n voetnota, en dit word ook so gebruik, bv. vir 'n direkte aanhaling of stelling waarvoor 'n bron nodig is. Vermy dit eerder om skakels inlyn te gebruik, bv.: "Volgens [2], was die laaste volmaan van die tweede millennium op 11 Desember 2000."

Indien jy jou eie teks in die skakel wil laat vertoon, voeg dit in na die adres, met 'n spasie tussenin (nie 'n pypsimbool nie). M.a.w. as jy die skakel wil laat vertoon as Google soekenjin, tik:

[https://www.google.com/ Google soekenjin]

Nota: Sekere karakters, soos die pypsimbool (|), kan skakels laat ophou werk indien hulle net so in 'n webadres ingesluit word. HTTP laat jou egter toe om enige simbool in 'n webadres te gebruik solank dit in heksadesimale en nie in ASCII-formaat is nie, m.a.w. jy kan %7C gebruik in plaas van die pypsimbool.

Onder die "Eksterne skakels" opskrif, behoort skakels in kolpunt-formaat gelys te word:

==Eksterne skakels==
*[https://example.example/ Webwerf]
Contents General Wikispecies