This page is a translated version of the page Wikispecies:Bot and the translation is 100% complete.

Robot, in Engels afgekort na 'bot', verwys na 'n skrip wat Wikispecies se inhoud wysig, hetsy geheel en al outomaties, of ter ondersteuning van 'n menslike bydraer in een of ander manier. Hierdie beleid is van toepassing op enige sulke proses. Die gebruik van hulpmiddels vir eentonige take, soos om vandalisme om te keer, word beskou as redigering, en nie die aksies van 'n robot nie. Sommige sagtewaregereedskap word ook uitgesluit van die robot-definisie en word eerder beskou as ge-ondersteunde redigering. Gereedsakp tans uitgesluit is: AWB (AutoWikiBrowser) en JWB (JavaScriptWikiBrowser), wat die webweergawe van AWB is. Hierdie gereedskap het gebruikertoestemming nodig vir elke wysiging, behalwe as dit in outomatiese modus (outo-stoor) gebruik word, maar daarvoor word 'n robotrekening benodig. Indien jy hierdie programme gereeld gebruik om meer as 20 wysigings per minuut te maak, beveel ons ten sterkste aan dat jy 'n robotrekening oopmaak.

Vir robotgoedkeuringsaansoeke, gaan asseblief na Wikispecies:Bots/Requests for approval.

Robotrekeninge

Bydraers moet 'n aparte rekening daarvoor skep as hulle 'n robot wil gebruik. Die rekeningnaam moet beide die persoon wat die robot bedryf identifiseer, en die aard van die rekening duidelik maak deur die woord "bot" in die naam in the sluit. Gereedskap wat nie as robotte beskou word nie het nie aparte rekeninge nodig nie.

Bydraes wat deur 'n robotrekening gemaak word bly die verantwoordelik van die robotoperateur. In besonder is die robotoperateur verantwoordelik vir die herstel van enige skade wat aangerig word deur 'n robot wat nie behoorlik werk nie. Alle beleid is van toepassing op 'n robotrekening net soos enige ander gebruikersrekening. Vir doeleindes van gebruikersrekeningbeleid word robotrekeninge eenvoudig as alternatiewe rekeninge van die betrokke operateur beskou.

Robotrekeninge moet nie gebruik word vir bydraes wat buite die raamwerk van die robot se aangewese take val nie. In besonder moet robotoperateurs nie 'n robotrekening gebruik om te reageer op boodskappe insake daardie robotrekening nie. Robotoperateurs behoort die besprekingsblad van 'n robotrekening na hulle eie bladsy te herelei.

Goedkeuring

Robotte mag eers gebruik word nadat hulle goedgekeur is. Bydraers mag robotprosesse op 'n beperkte basis vir toetsdoeleindes gebruik sonder goedkeuring, op voorwaarde dat slegs 'n baie klein aantal van sulke toetswysigings plaasvind. Alle toetswysigings, of enige uitbreiding van die funksies van 'n robot, moet steeds voldoen aan hierdie beleid. Klein veranderinkies, byvoorbeeld om die implementering van 'n spesifieke taak reg te maak of te verbeter, is onwaarskynlik om kwessies te veroorsaak, maar groter veranderinge behoort eers voorafgegaan te word deur besprekings. Geheel en al nuwe take sal gewoonlik hulle eie goedkeuringsaansoeke vereis. Robotoperateurs behoort 'n aparte robotrekening te skep vir elke taak.

Vereistes

Voordat 'n robot goedgekeur kan word moet die operateur bewys lewer dat dit:

  • onskadelik is
  • nuttig is
  • nie onnodig baie hulpbronne gebruik nie
  • slegs take verrig waarvoor daar konsensus bestaan
  • voldoen aan die betrokke beleid en riglyne.

Die gebruikersbladsy van 'n robotrekening moet die robot as sulks identifiseer deur gebruik van die {{Bot}}-etiket. Die volgende inligting moet voorsien word op, of na gekoppel word vanaf, beide die robotrekening se gebruikersbladsy en die aansoek om goedkeuring:

  • Besonderhede oor die robot se taak, of take
  • Of die robot handmatig ondersteun word, en of dit outomaties loop
  • Wanneer loop dit (deurgaans, van tyd tot tyd, of met vasgestelde tussenvalle), en teen watter tempo
  • Die programmeringstaal en/of program wat loop

Alhoewel werksverrigting gewoonlik nie 'n kwessie is nie, behoort robotoperateurs te besef dat 'n robot wat 'n groot aantal versoeke rig of wysigings teen 'n hoë tempo aanbring 'n baie groter uitwerking het as die gemiddelde bydraer. Robotoperateurs moet versigtig wees om nie onnodige webversoeke te maak nie, en konserwatief wees in hulle wysigingspoed. Ontwikkelaars sal die gemeenskap verwittig indien beduidende werksverrigtingskwessies opduik, en in sulke gevalle behoort hulle advies nagevolg te word.

  • Robotte behoort net te loop teen 'n tempo wat die nagaan van hulle wysigings toelaat, indien nodig. Dit geld alle robotte gedurende toetsperiodes, maar ook reeds-goedgekeurde robotte, met die uitsondering van dié wat die mees onbeduidende of dringendste take verrig.
  • Die wysigings van ongemerkte robotte kan gesien word in gebruikers se dophoulyste, daarom behoort ongemerkte robotte stadiger te wysig as gemerkte robotte.
  • Die dringendheid van 'n taak moet altyd in ag geneem word; take wat nie noodwendig vinnig afgehandel hoef te word nie (byvoorbeeld, die herbenaming van kategorieë) kan en behoort stadiger plaas te vind as daardie wat onmiddelike aandag vereis (byvoorbeeld, die omkeer van vandalisme).
  • Die wysigingspoed van outomatiese robotte behoort gereguleer te word; onderhewig aan goedkeuring, mag robotte wat nie-dringende take verrig wysigings aanbring ongeveer eenkeer elke vyf sekondes, terwyl robotte wat dringender take verrig dit ongeveer elke twee sekondes mag doen. Ge-ondersteunde wysingings van korte duur mag teen 'n tempo van soveel as 50 wysiging per minuut geskied.
  • Hoëspoed robotte behoort wysigings stadiger aan te bring gedurende spitstyd (1200 – 0400 UTC), en op besiger dae (die middel van die week, veral Woensdae en Donderdae) as tydens stiller tye (naweke). Verwys hierna vir verkeerstatistiek.
  • Robotte se wysigingspoed kan ook aangepas word op grond van die bedienervertraging van ondergeskikte databasisse; sodoende word robotte toegelaat om vinniger te wysig gedurende stil tye, maar heelwat stadiger wanneer bedienerlas hoog is. Dit word vermag deur 'n verdere parameter by te las agteraan die navraag vir elke aangevraagde URL; verwys na Manual:Maxlag parameter vir meer besonderhede.

Die hantering van kwessies

Indien jy enige probleme met 'n robot opmerk, klagtes het, of voorstelle wil maak, kontak asseblief die robotoperateur. Ingeval 'n robot 'n beduidende probleem veroorsaak en jy dink dat dringender bespreking nodig is, kan jy ook 'n boodskap laat by die Wikispecies:Geselshoekie, en aandui waar jy die robotoperateur ingelig het.

Administrateurs mag 'n robotrekening blokkeer wanneer dit sonder goedkeuring bedryf word, optree teenstrydig met die aanvanklike spesifikasies soos in die goedkeuringsaansoek, of optree teenstrydig met die goedkeuringsvoorwaardes (byvoorbeeld, deur te vinnig wysigings aan te bring). 'n Robot kan ook geblokkeer word wanneer dit optree sonder om ingeteken te wees in 'n robotrekening, of ingeteken is in 'n ander rekening as sy eie.

See also