Hulp:Verwysingsafdeling

This page is a translated version of the page Help:Reference section and the translation is 100% complete.

Verwysingsafdeling

Die verwysingsafdeling bevat die bewysbronne vir die inligting op die bladsy. Sonder bewyse is die inligting ongegrond en nutteloos. Let daarop dat dit belangrik is vir alle verwysings om die riglyne hier onder te volg sodat alle Wikispecies aanhalings eenvormig kan wees.

Indien meer as een verwysing, rangskik hulle in 'n kollys, in alfabetiese volgorde per outeur. 'n Nuttige sjabloon vir gebruik in hierdie afdeling is {{a|Outeurbladsynaam|Outeur se kort naam}}. Dit vertoon outeursname in 'n ander lettertipe as die res van die teks (bv. Linnaeus) en skep ook 'n skakel na die Wikispecies-bladsy met inligting oor die outeur. Tydskrifname en boektitels moet in skuinsdruk vertoon word.

Volg asseblief die volgende riglyne:

  • Sit 'n punt na die jaartal. Voorbeeld: 2015.
  • Moenie spasies tussen 'n outeur se voorletters invoeg nie. Voorbeeld: Ferreyra, H.D.V.
  • Gebruik die {{A}}-sjabloon om outeursname in klein hoofletters te vertoon en dit aan hulle betrokke outeursbladsye te koppel. Voorbeeld: {{a|Hebe del Valle Ferreyra|Ferreyra, H.D.V.}} wat sal vertoon as Ferreyra, H.D.V. maar koppel aan Hebe del Valle Ferreyra. Vir ongekoppelde outeursname gebruik eerder die {{Aut}}-sjabloon, bv. {{aut|Ferreyra, H.D.V.}} wat sal vertoon as Ferreyra, H.D.V.
  • Moenie spasies invoeg tussen die band- en deelnommers van joernale nie. M.a.w. maak so: 4057(1), nooit so nie: 4057 (1)
  • Gebruik 'n en-streep (–) sonder spasies in reekse soos bladsynommers of publikasiejare. Dit is 'n ISO-standaard. Voorbeelde: 2016–2017, pp.54–59. Moenie 'n gewone koppelteken (-) of die langer em-streep (—) gebruik nie.
  • Alle outeurs moet gelys word. Moenie et al. gebruik nie. Verskillende outeursname moet met 'n komma geskei word, nie met 'n kommapunt of enige ander leestekens nie. Let ook daarop dat daar nie 'n komma tussen die (laaste) outeursnaam en die publikasiejaar is nie, want die outeur en jaar word alreeds geskei deur die punt na die outeur se voorletters, bv. "Ferreyra, H.D.V. 2015."
  • Koppel die joernaalnaam aan sy ISSN-bladsy. Voorbeeld: ''[[ISSN 1175-5326|Zootaxa]]'' wat vertoon as Zootaxa maar koppel aan die joernaal se ISSN 1175-5326-bladsy.
    • ISSN'e word om verskeie redes gebruik: hulle is vaste skakelteikens en vermy die nodigheid vir veelvuldige herleidings om verskillende titelweergawes (afkortings, leestekens, aksente, hoofletters...) te akkommodeer, en hulle verminder dubbelsinnigheid waar 'n joernaal en 'n takson dieselfde naam het.
  • Vir ISBN'e gebruik asseblief die {{ISBN}}-sjabloon. Voorbeeld: {{ISBN|978-0-684-15976-8}} wat vertoon as ISBN 978-0-684-15976-8 en koppel aan die boekbronnesoekbladsy.
  • Vir skakels na BHL gebruik asseblief die {{BHL}}-sjabloon. Voorbeeld: {{BHL|page/34633434}} wat vertoon as BHL en direk koppel aan die presiese bladsy op BHL. (Die nommer wat in die sjabloon gebruik word is die deel direk na "biodiversitylibrary.org/" in die URL wat vertoon word in die linkerpaneel op die BHL-bladsy. As die skakel daar byvoorbeeld biodiversitylibrary.org/page/34633434 is, voeg dan "page/34633434" in die sjabloon in.)
  • Dieselfde vir DOI's, gebruik asseblief die {{Doi}}-sjabloon. Voorbeeld: {{doi|10.11646/zootaxa.4057.1.6}} wat vertoon as DOI: 10.11646/zootaxa.4057.1.6 maar koppel aan die aanlynweergawe van die joernaalartikel.

Voorbeeld van 'n verwysingsafdeling:

== {{int:References}} ==
* {{a|María Soledad Moleón|Moleón, M.S.}}, {{a|John Mike Kinsella|Kinsella, J.M.}}, {{a|Pablo Gastón Moreno|Moreno, P.G.}}, {{a|Hebe Del Valle Ferreyra|Ferreyra, H.D.V.}}, {{a|Javier Pereira|Pereira, J.}}, {{a|Mónica Pía|Pía, M.}} & {{a|Pablo Martín Beldomenico|Beldomenico, P.M.}} 2015. New hosts and localities for helminths of carnivores in Argentina. ''[[ISSN 1175-5326|Zootaxa]]'' 4057(1): 106–114. {{doi|10.11646/zootaxa.4057.1.6}} [http://www.mapress.com/zootaxa/2015/f/z04057p114f.pdf Preview (PDF).]

Wat sal vertoon as:

References

'n Verwysing is 'n goeie verwysing wanneer:

  • Dit die oorspronklike beskrywing van die takson insluit, of 'n latere taksonomiese hersiening is wat daardie takson se status bevestig of wysig.
  • Dit al die outeurs se name insluit, asook die publikasie se DOI-nommer en, wanneer beskikibaar, 'n skakel na 'n opsomming of die volle artikel.
  • Die verwysing self verdere verwysings insluit waaruit die outeur inligting onttrek het.

Indien bostaande aspekte ontbreek in jou bronne, behoort die betrokke verwysing beide beskou te word en gemerk te word as twyfelagtig. Die meeste biologiese/taksonomiese joernale wat meer as 90 jaar gelede gepubliseer was is vandag in die openbare domein en kan nagegaan word op webwerwe soos Biodiversity Heritage Library (BHL). Sommige meer onlangse joernale kan óók op die web besigtig word. In sulke gevalle is dit nuttig om 'n skakel na die betrokke webbladsy in te sluit, soos hierbo gedoen is vir Systema Naturae.

Verwysingsonderafdelings

Dit is raadsaam om verwysings in onderafdelings te rangskik volgens hulle belangrikheid, in die volgende volgorde:

=== {{int:Primary references}} ===

Om alle nomenklatoriese aksies in te sluit: oorspronklike beskrywing, sinonieme, nuwe kombinasies, tiep-aanwysing, ens.

=== {{int:Additional references}} ===

Om alle ander vermeldings van die takson in te sluit: tiep-hersienings, verspreiding, materiaal, kontrolelyste, hersienings, ens.

=== {{int:Links}} ===

Skakels na eksterne webwerwe.

Opskrifte in 'n volledige verwysingsafdeling:
=={{int:References}}==
==={{int:Primary references}}===
==={{int:Additional references}}===
==={{int:Links}}===

Let op die meervoud, m.a.w. "verwysings" en "skakels", nooit net "verwysing" of "skakel" nie, selfs al sluit die onderafdeling net een item in.

Verwysingsjablone

In gevalle waar een taksonomiese werk die nuwe beskrywings van baie verskillende taksa insluit, of wanneer dit 'n gesaghebbende hersiening van 'n beduidende aantal taksa is, sal talle bladsye waarskynlik daarna verwys. In sulke gevalle is dit baie handig om 'n Verwysingsjabloon te skep vir die betrokke publikasie. Die standaard Wikispecies-formaat vir hierdie verwysings, wat die gebruik van klein hoofletters en skuinsdruk insluit, is:

  • Author, A. Year. Title of Paper. Name of Journal Volume x (part y): pages n1–n2, plates x1–x2. Internet link.

or for a book...

  • Author, A. Year. Title of Book. Name and location of publisher: n pages and x plates. Internet link.

'n Verwysingsjabloon word geskep op 'n bladsy met die titel Template:Outeur, Jaar en dit kan dan opgeroep word op 'n taksonbladsy met die sintaks: {{Outeur, Jaar}}
Gebruik asseblief slegs die outeur se van wanneer die verwysingsjabloon benaam word (geen noemnaam of voorletters nie), en voeg altyd 'n komma en 'n spasie voor die publikasiejaartal in: nie 'n dubbelpunt, net 'n spasie of komma sonder die ander, of enigeiets anders nie. Indien 'n spesifieke outeur/jaar kombinasie reeds in gebruik is as 'n sjabloon, bv. {{Smith, 2015}}, las eenvoudig 'n enkele kleinletter agteraan, m.a.w {{Smith, 2015a}}, en as daar nog een is {{Smith, 2015b}}, {{Smith, 2015c}} ensovoorts.

Altesaam is daar net vyf moontlike toegelate Outeur, Jaar kombinasies:

Myers, 1942
Myers, 1942a
Myers & Young, 1942
Myers, Young & Hill, 1942
Myers et al., 1942

Let op die gebruik van spasies, en ook dat die outeur se voorletters, dubbelpunte of kommapunte nooit gebruik word nie.

Geen ander weergawes word toegelaat nie. Voorbeelde van NIE toegelate formate is:

G.S. Myers, 1942
Myers, G. & Young, N., 1942
Myers et al. 1942
Myers&Young,1942
Myers&Young 1942
Myers, G.S., 1942
Myers 1942
Myers,1942
Myers; 1942

Nog iets wat nie toegelaat word nie is om die name van joernale of boeke te gebruik om verwysingsjablone te benaam. Byvoorbeeld, "Zt3690.1.1" (afkorting vir Zootaxa) word nie toegelaat nie.

Hier is 'n voorbeeld van 'n verwysingsjabloon, in hierdie geval een met die naam Myers, 1942

* {{a|George Sprague Myers|Myers, G.S.}} 1942. A new frog of the genus ''Micrixalus'' from Travancore. ''[[ISSN 0006-324X|Proceedings of the Biological Society of Washington]]'' 55: 71–74. [https://biodiversitylibrary.org/page/34633434 BHL] {{subst:reftemp}}

Wat sal vertoon as:

Die vervangingskode {{subst:reftemp}} in bostaande voorbeeld bied 'n vinnige manier om verskeie nuttige algemene komponente (wat nie almal vertoon sal word wanneer die verwysing op 'n taksonbladsy verskyn nie) aan die einde van enige verwysingsjabloon by te voeg. Klik op die "Verwysingsbladsy" skakel aan die einde van die verwysing om te koppel aan die oorspronklike Verwysingsjabloon-bladsy waar dit gewysig kan word. Enige veranderinge aan die Verwysingsjabloon sal outomaties verskyn wanneer 'n taksonbladsy wat daardie verwysing insluit besigtig word.

Bykomende inligting

Verdere afdelings mag ook bygevoeg word op die Verwysingsjabloon-bladsy, byvoorbeeld om die taksonomiese aksies wat in die verwysing ingesluit is te lys, of om te koppel aan ander relevante webwerwe, soos ZooBank. Om te verseker dat sulke verwysings nie óók na taksonbladsye gestuur word wanneer die Verwysingsjabloon gebruik word nie, moet hulle tussen <noinclude>...</noinclude> hakies kom. Hier is 'n (ekstreme) voorbeeld.

Verwysingsjablone vir eksterne databasisse

Verskeie sjablone is beskikbaar vir eksterne databasisse wat gereeld gebruik of na verwys word. Die volledige lys is in Category:External link templates. (Let daarop dat die skakelteks in die "Verwysingsafdeling" hieronder, vervang sal word deur die betrokke taksonnaam wanneer dit op 'n taksonbladsy gebruik word.)

Standard reference templates
Template code Result More information
{{AlgaeBase|genus|43546}} Template:AlgaeBase
{{ASW5|accessdate=2008-01-16}} Frost, Darrel R. (2007). Amphibian Species of the World: An Online Reference. Version 5.0. Electronic database accessible at [1]. Accessed on 2008-01-16. Template:ASW5
{{CoF|sp|4340||Nematobrycon palmeri}} Template:CoF
{{FishBase|258|''Esox lucius''}}
  • Esox lucius in FishBase,
    Froese, R. & Pauly, D. (eds.) 2024. FishBase. World Wide Web electronic publication, www.fishbase.org, version 02/2024.
Template:FishBase
{{GRIN|fam|879}}

{{GRIN|gen|9418}}

{{GRIN|sp|28411}}
Template:GRIN
{{ITIS|180679|i}}

{{ITIS|180679|''Dugong dugon'' ({{aut|Müller}}, 1776)}}
Template:ITIS
{{IUCN|CR|57334|Telmatobius culeus}} IUCN: Telmatobius culeus  (Critically Endangered) Template:IUCN
{{MSW|11600005}}

{{MSW|11600005|i}}
Template:MSW
{{NCBI|9606|''Homo sapiens''}} Template:NCBI
{{NRDB genus|genus=Naja}}

{{NRDB species|genus=Naja|species=naja}}
Naja at the New Reptile Database

Naja naja at the New Reptile Database
Template:NRDB genus

Template:NRDB species
{{PLANTS|ADENI}} Template:PLANTS
{{WoRMS||154210}} Template:WoRMS
Naamafdeling Reference section/af Afdeling vir volksname