Hulp:Naamafdeling
Inhoud · Wikispecies algemeen · Taksonnavigasie-afdeling · Naamafdeling · Verwysingsafdeling · Afdeling vir volksname
Riglyne vir Prente · Outeurname & Outeurbladsye · Projeksjablone · Projekbronne · Vertaling
Naam
Die naamafdeling word gebruik slegs vir daardie name wat ingesluit word onder die relevante nomenklatuur-kode (vir diere is dit alleenlik spesies-groep, genus-groep en familiegroepname). Net Latynse name is aanvaarbaar in die naamafdeling; volksname word nie hier gebruik nie. Vir taksa op genus-vlak of laer móét die name kursief geskryf word. Dit is 'n wetenskaplike konvensie. Die taksonnaam moet ten minste deur die naam van die oorspronklike outeur gevolg word. Vir plante móét dit ook die publikasiejaar insluit, en alhoewel die jaar van goedkeuring nie verpligtend vir diere is nie, word dit tog aanbeveel. Vir ouer dierkundepublikasies, en alle plantkundepublikasies, is die goedkeurinngsjaar dieselfde as die publikasiejaar. Vir plante word die jaar altyd tussen hakies gekryf. Let asseblief daarop dat volgens die resultaat van 'n Geselshoekie meningsopname in 2017, die gebruik van die {{BASEPAGENAME}}
"towerwoord" nié op taksonbeladsye aanbeveel word nie.
Dierkunde: Vulpes vulpes Linnaeus, 1758
Plantkunde: Clematis viticella L. (1753)
Let op dat outeurs gekoppel word aan outeursbladsye, en Wikispecies het 'n hele afdeling vir outeursartikels. Raadpleeg Hulp:Outeursname vir riglyne oor outeursname.
Soms sal 'n takson meer as net een outeur hê. In sulke gevalle, skei die verskillende outeursname met kommas en skei die laaste outeur met 'n '&'. Sit skakelhakies rondom individuele name, nie om die hele lys outeurs nie. Wanneer daar meer as 4 outeurs is, is dit aanvaarbaar om die afkorting "et al." (et alii), wat Latyn is vir "en ander", te gebruik. Die sinsnede et al. moet altyd kursief wees, en, omdat dit 'n afkorting is, het dit altyd 'n punt agterna. (Let op dat in die verwysingsafdeling wat direk op die naamafdeling volg, word "et al." nooit gebruik nie. Daar moet die volle lys van outeurs ingesluit word wanneer die verwysing na die oorspronklike beskrywing of protoloog gegee word.)
Bacillus novalis Heyrman et al., 2004
Hakies word gebruik om aan te dui dat 'n naam 'n latere kombinasie is, nie die oorspronklike kombinasie soos beskryf nie; in dierkunde kom die hakies rondom die outeurnaam en die jaar, in plantkunde net om die outeur. In beide gevalle dra beide die oorspronklike en latere kombinasies die naam van die beskrywende outeur, maar die oorspronklike kombinasie word altyd sonder hakies geskryf. Nuwe kombinasies in plantkunde moet die naam van die hersienende outeur (nie in hakies nie) insluit, ná die oorspronklike outeur (in hakies), maar in dierkunde is dit nie gebruiklik om die hersienende outeur in te sluit nie.
Dierkunde: Macracantha arcuata (Fabricius, 1793) Plantkunde: Clematis alpina (L.) Mill. (1768)
In die eerste geval is Macracantha arcuata die geldige naam, terwyl Fabricius se oorspronklike naam onder sinonimie gelys word. In die tweede geval was Clematis alpina oorspronklike gepubliseer onder 'n ander naam deur Linnaeus, en is dit later deur Miller geherkombineer; indien dit aanvaar word as 'n geldige vroeëre sinoniem, verskyn die oorspronklike kombinasie onder sinonimie.
Vir plantkunde speel die publikasie 'n belangrike rol in die goedkeuring van 'n taksonnaam, en volgens die kode is bloot geldige publikasie alreeds voldoende vir goedkeuring. Daarom word die afgekorte outeur, datum en publikasie altyd gebruik in moderne taksonomiese literatuur. Omdat Wikispecies 'n wetenskaplike hulpmiddel is, behoort ons hierdie gebruik in beide die Naam- en Sinonimie-afdelings na te volg. Hierin volg Wikispecies dan ook die konvensies van die 'International Plant Name Index' en soortgelyke webwerwe, insluitende die 'World Checklist of Selected Plant families'.
Plantkunde: Sciadopitys verticillata (Thunb.) Siebold & Zucc., Fl. Jap. 2(1): 3 (1842).
In lyn met die ontwikkeling van Wikispecies word dit nou goedgedink om 'n klein hoeveelheid belangrike aanvullende inligting by die Naamafdeling in te sluit. Vir dierkunde is dit byvoorbeeld die tipelokaliteit en die bergplek van die holotipe. Vir plantkunde is die taksontipe nog iets, en die tipe-species van 'n genus kan beskou word as noodsaaklike taksonomiese inligting.
Dierkunde: Wagimo signatus Butler, [1882].
Tipelokaliteit: Japan, Hokkaido, "Kuramatsunai, August".
Holotipe: BMNH (Fenton).
Plantkunde: Vella L., Sp. Pl. 2: 641 (1753).
Tipe-spesies: Vella pseudocytisus L., Sp. Pl. 2: 641 (1753).
Tipelokaliteit
Sommige bronne sluit inligting oor holotipes in. 'n Holotipe is daardie eksemplaar van 'n spesies waarop die oorspronklike outeur sy beskrywing gegrond het. Gewoonlik hou dit verband met die eerste keer wat die betrokke organisme aangeteken word. Die tipelokaliteit is die plek en omgewing waar die holotipe aangetref was. Gee soveel besonderhede as wat jou bron toelaat.
Tipelokaliteit: Ecuador, Esmeraldas Provinsie, Cordillera de Toisán, Río Piedras, Los Pambiles, 00°32'N, 78°38'W, 1200 m hoogte bo seevlak.
Tipelokalitiete is net toepaslik op spesiesvlak of laer.
Tipemateriaal
Holotipes (en ander tipemateriaal) word in museums bewaar sodat navorsers openbare toegang tot die eksemplaar mag hê. Wanneer so 'n eksemplaar geberg word, kry dit 'n etiket met 'n museumnommer en 'n afkorting vir die museumnaam. Sodoende kan spesialiste verdere navorsing op reedsbeskryfde spesies doen, soos om besonderhede van die oorspronklike beskrywing na te gaan. Alle holotipes word op die hoof Holotipe-bladsy gelys. Die skakel moet koppel na Holotipe, maar gemaskeer deur die etiket van museumafkortings. (Klik 'wysig' in hierdie afdeling om 'n voorbeeld te sien van hoe dit gedoen word.)
Holotipe: EPN 851241.
Slegs spesies of ondergeskikte kategorieë kan holotipes hê; vir hoër kategorieë lys eerder die tipe-spesies of tipe-genus. Gebruik die toepaslike term indien die tipe nie 'n holotipe is nie (bv. "Lektotipe:", "Neotipe:" ens.).
Sinonieme of Sinonimie
Taksonomie is 'n veranderlike wetenskap. Die status van 'n gepubliseerde naam kan verander indien nuwe inligting aan die lig kom. Wanneer dit duidelik word dat twee taksa wat voorheen beskryf is onder verskillende name eintlik een en dieselfde is, dan kry die ouer naam prioriteit en word die nuwer naam 'n "sinoniem" van die ouer naam. Dikwels sal outeurs ook in die lig van nuwe inligting besef dat 'n sekere spesies eerder toegewys moet word aan 'n ander genus as waarin dit oorspronklik beskryf is. Wanneer 'n spesies geskuif word na 'n ander genus, word die nuwe naam 'n "Nuwe kombinasie" genoem. Streng gesproke is nuwe kombinasies nie "Sinonieme" nie, maar hulle word dikwels saam met sinonieme gelys as deel van die taksonomiese geskiedenis van 'n takson, daarom mag hierdie afdeling steeds "Sinonimie" genoem word selfs indien dit beide sinonieme en ander kombinasies insluit. In hierdie geval verwys die term "Sinonimie" dan na die volledige geskiedenis van alle name en kombinasies wat al vir 'n betrokke organisme gegeld het. Besoekers mag dalk soek vir sinonieme, of vir ander kombinasies, daarom is dit noodsaaklik om beide aan te bied. Dit is baie nuttig om sinonieme in datumvolgorde te lys eerder as alfabeties. In plantkunde word sinonimie algemeen in subgroepe verdeel: die basioniem (indien toepaslik), homotipiese en heterotipiese sinonieme (lg. elk met sy eie homotipiese sinoninieme), wat ook nuttig vir die besoeker is.
Voeg die sinoniem/sinonimie-gedeelte by as 'n derdevlak-onderafdeling van die Naamafdeling, met die inligting in 'n kolpuntlys.
Dierkunde voorbeeld:
=={{int:Name}}== ''Anthene liodes'' ({{a|William Chapman Hewitson|Hewitson}}, 1874). ==={{int:Synonymy}}=== *''Lycaenesthes liodes'' Hewitson, 1874: 349. *''Lycaena adherbal'' Mabille, 1877: 217. Synonymy in Stempffer, 1967: 192. *''Anthene liodes'' (Hewitson); Stempffer, 1967: 192. New combination.
Skep ook die Lycaenesthes liodes en Lycaena adherbal bladsye, en herlei beide na die Anthene liodes bladsy:
#REDIRECT [[Anthene liodes]]
Plantkunde voorbeeld:
=={{int:Name}}== ''Pinus clausa'' ({{aut|Chapman}} ex {{aut|Engelm.}}) {{aut|Vasey}} & {{aut|Sarg.}}, Rep. for. N. America 199. (1884) ==={{int:Synonyms}}=== {{BA}} **''Pinus inops'' var. ''clausa'' {{aut|Chapm.}} ex {{aut|Engelm.}}, Bot. Gaz. 2: 125. (1877) {{HOT}} **''Pinus inops'' subsp. ''clausa'' ({{aut|Chapm.}} ex {{aut|Engelm.}}) {{aut|Engelm.}}, Trans. Acad. Sci. St. Louis 4: 177. (1880) **''Pinus virginiana'' subsp. ''clausa'' ({{aut|Chapm.}} ex {{aut|Engelm.}}) {{aut|Eckenw.}}, Conifers World: 647. (2009) {{HET}} **''Pinus clausa'' var. ''immuginata'' {{aut|D.B.Ward}}, Castanea 28: 4. (1963) **''Pinus clausa'' subsp. ''immuginata'' ({{aut|D.B.Ward}}) {{aut|A.E.Murray}}, Kalmia 13: 22. (1983)
Volledige voorbeeld
'n Volledige naamafdeling sal as volg geformatteer word:
=={{int:Name}}== ''Glomus przelewicense'' {{a|Janusz Błaszkowski|Błaszk.}}, 1988. Host-Substratum/Locality: From soil under ''[[Thuja occidentalis]]'': Poland Holotype: {{Repository link|DPP}} 578 ==={{int:Synonyms}}=== * ''Glomus przelewicensis'' {{aut|Błaszk.}}, 1988 * ''Diversispora przelewicensis'' {{a|Fritz Oehl|Oehl}}, 2011
En, na stoor en voorskou, sal dit so vertoon:
Naam
Glomus przelewicense Błaszk., 1988.
Gasheer-substraat/Lokaliteit: Uit grond onder Thuja occidentalis: Pole
Holotipe: DPP 578
Sinonieme
- Glomus przelewicensis Błaszk., 1988
- Diversispora przelewicensis Oehl, 2011
Outeur-sjablone
Dis ook 'n goeie idee om (in voorkeurvolgorde) die {{a}} of {{aut}} -sjablone te gebruik vir outeursname, instede van gewone skakelhakies. Die sjablone formatteer outeursname outomaties met klein hoofletters. Die {{a}}-sjabloon las ook 'n wiki-skakel vir die outeursnaam by, terwyl die {{aut}}-sjabloon dit nie doen nie:
=={{int:Name}}== ''Glomus przelewicense'' {{a|Janusz Błaszkowski|Błaszk.}}, 1988 Host-Substratum/Locality: From soil under ''[[Thuja occidentalis]]'': Poland Holotype: {{Repository link|DPP}} 578 ==={{int:Synonyms}}=== * ''Glomus przelewicensis'' {{aut|Błaszk.}}, 1988
En na berging of voorskou sal dit vertoon as:
Naam
Glomus przelewicense Błaszk., 1988.
Gasheer-substraat/Lokaliteit: Uit grond onder Thuja occidentalis: Pole
Holotipe: DPP 578
Sinonieme
- Glomus przelewicensis Błaszk., 1988
Spesiale geval: Reptiel- en amfibieërnomenklatuur
- Name geskep deur Hoser: Die nomenklatoriese chaos en taksonomiese destabilisasie wat veroorsaak is deur die werke van Hoser (2013, 2014a,b, 2018a,b, en vele ander, soos gedokumenteer in Wüster et al. 2021) het gelei tot ongekende reaksie deur die gemeenskap van wetenskaplikes, en hulle gepaardgaande verwerping van die betrokke publikasies. Hoser het herhaaldelik en aanhoudend die bestaande en aanvaarde norme van wetenskaplike analise en eweknie-evaluering gesystap in sy breedvoerige selfgepubliseerde taksonomieë en nomenklature. Alhoewel Hoser slegs 15 geldige skilpadname tot dusver geskep het, het hy terselfdertyd 1795 ongeldige nuwe taksonname (1453 reptiele, 290 paddas, 46 soogdiere, 4 spinnekoppe en 2 visse) geskep tussen 2000 en Januarie 2021 (Wüster et al. 2021). Ons beskou sy dade as ontwrigtende en ongegronde nomenklatoriese destabilisasie, reëlreg teenoor beide die riglyne van die 'International Code of Zoological Nomenclature' wat daargestel is om nomenklatoriese stabiliteit to bevorder (ICZN 1999), en die aanbevelings van die gepaardgaande Etiese Kode. Ons beskou ook nie die self-gepubliseerde dokumente wat versprei word onder die naam 'Australasian Journal of Herpetology' as objektiewe wetenskaplike publikasies nie (Kaiser et al. 2013; Kaiser 2014; Rhodin et al. 2015; Wüster et al. 2021).
- In samewerking met 'n uitgebreide groep leiersfigure verteenwoordigend van die herpetologiese en dierkundige gemeenskap wêreldwyd, het ons die Internasionale Kommissie vir Dierkundige Nomenklatuur (ICZN) versoek om hulle volmag te gebruik om Hoser se werke as nomenklatories onbeskikbaar te verklaar en as sulks te behandel (Rhodin et al. 2015). In reaksie het die ICZN (2021) uiteindelik 'n opinie uitgereik op beide hierdie en verwante versoeke, waarvolgens die Kommissarisse die beskikbaarheid van Hoser se name en selfgepubliseerde werke nóg bevestig nóg verwerp het, en ook aangedui het dat hulle geen gesag het om hulle eie Etiese Kode af te dwing nie.
- As gevolg van hierdie ICZN-opinie, en in die lig van Hoser se talle nomenklatories-destabiliserende nuwighede en blatant onetiese praktyke, stem ons nou saam met die aanbeveling van die 464 ondersteunende mede-ondertekenaars van Wüster et al. (2021). Ons volg die wetenskaplike gemeenskap se volstrekte verwerping van Hoser se werk, synde onwetenskaplik en ontwrigtend, en die gemeenskap se ondersteuning en aanvaarding van die geldigheid van nuwe vervangingsname (aspidonieme). Ons stem ook saam met die analise en aanbevelings van Krell (2021), wat voorgestel het dat heersende gebruik binne die wetenskapgemeenskap 'n potensiële oplossing bied vir die probleme wat veroorsaak is deur Hoser se benadering. Ons beskou dus nou al Hoser se skilpadname as nomina rejecta en aanvaar enige vervangende aspidonieme insoverre dit geldig gepubliseer, beskikbaar, en wetenskaplik geregverdig is op grond van die beste beskikbare objektiewe analise en ewekniebeoordeling.
- Turtle Taxonomy Working Group. In druk (2021). Turtles of the World: Annotated Checklist and Atlas (9de uitgawe). Chelonian Research Monographs No. 8.
Reptiel-databasis
Dit is beduidend dat die grootste reptielkontrolelys, die Reptile Database, wat hier gebruik word ook 'n verklaring uitgereik het waarin hulle sê dat hulle nie name wat weens taksonomiese vandalisme geskep word sal gebruik nie. Scott Thomson (Faendalimas) talk 20:58, 27 May 2021 (UTC)
Verwysings
- Krell, F.-T. 2021. Suppressing works of contemporary authors using the Code's publication requirements is neither easy nor advisable. The Bulletin of Zoological Nomenclature 78(1): 61–67. DOI: 10.21805/bzn.v78.a021 BiooneReference page.
- Wüster, W., Thomson, S.A., O'Shea, M. & Kaiser, H. 2021. Confronting taxonomic vandalism in biology: conscientious community self-organization can preserve nomenclatural stability. Biological Journal of the Linnean Society 133(3): 645–670. DOI: 10.1093/biolinnean/blab009 BJLSReference page.
- Kaiser, H., Crother, B.I., Kelly, C.M.R., Luiselli, L., O’Shea, M., Ota, H., Passos, P., Schleip, W.D. & Wüster, W. 2013. Best practices: in the 21st Century, taxonomic decisions in herpetology are acceptable only when supported by a body of evidence and published via peer-review. Herpetological Review 44(1): 8–23. PDF Reference page.
- Rhodin, A.G.J., Kaiser, H., van Dijk, P.P., Wüster, W., O’Shea, M., Archer, M., Auliya, M., Boitani, L., Bour, R., Clausnitzer, V., Contreras-MacBeath, T., Crother, B.I., Daza, J.M., Driscoll, C.A., Flores-Villela, O., Frazier, J., Fritz, U., Gardner, A.L., Gascon, C., Georges, A., Glaw, F., Grazziotin, F.G., Groves, C.P., Haszprunar, G., Havaš, P., Hero, J-M., Hoffmann, M., Hoogmoed, M.S., Horne, B.D., Iverson, J.B., Jäch, M., Jenkins, C.L., Jenkins, R.K.B., Kiester, A.R., Keogh, J.S., Lacher, Jr., T.E., Lovich, J.E., Luiselli, L., Mahler, D.L., Mallon, D., Mast, R., McDiarmid, R.W., Measey, J., Mittermeier, R.A., Molur, S., Mosbrugger, V., Murphy, R.W., Naish, D., Niekisch, M., Ota, H., Parham, J.F., Parr, N.J., Pilcher, N.J., Pine, R.H., Rylands, A.B.., Sanderson, J.G., Savage, J.M., Schleip, W., Scrocchi, G.J., Shaffer, H.B., Smith, E.N., Sprackland, R., Stuart, S.N., Vetter, H., Vitt, L.J., Waller, T., Webb, G., Wilson, E.O., Zaher, H. & Thomson, S. 2015. Comment on Spracklandus Hoser, 2009 (Reptilia, Serpentes, Elapidae): request for confirmation of the availability of the generic name and for the nomenclatural validation of the journal in which it was described. Case 3601. Bulletin of Zoological Nomenclature 72(1): 61–78. PDF. Reference page.
← Taksonnavigasie-afdeling | Name section/af | Verwysingsafdeling → |