Wikispecies:Koppelvlakadministrateurs

This page is a translated version of the page Wikispecies:Interface administrators and the translation is 100% complete.
Om 'n koppelvlakadministrateur vinnig te kontak, gebruik die Koppelvlakadministrateurs se Kennisgewingbord. (Om eerder 'n gewone administrateur te kontak, gebruik asseblief die Administrateurs se Kennisgewingbord.)

Wat is 'n Koppelvlakadministrateur?

Koppelvlakadministrateurs is gebruikers wat alle Cascading Style Sheets (CSS), JavaScript (JS), and Javascript Object Notation (JSON) bladsye, sowel as bladsye in die MediaWiki-naamspasie kan wysig. Hierdie bladsye bevat rekenaarkode wat deur die blaaiers van wiki-redigeerders en -gebruikers uitgevoer word, en wat gebruik kan word om die styl van inhoud te verander, die gedrag van bladsye te verander, of selfs om komplekse gereedskap te skep om met redigering te help. Alle geregistreerde gebruikers kan hulle eie persoonlike JS/CSS/JSON-bladsye wysig (soos beskryf op Wikipedia:Gebruikerskripte) maar koppelvlakadministrateurs is die enigste plaaslike gebruikersgroep met die vermoë om enige CSS- of JS-bladsy op Wikispecies, insluitende die skripte van ander gebruikers, te wysig.

Die dienstyd van 'n koppelvlakadministrateur is beperk tot een jaar, waarna die voorreg outomaties verval. Indien nodig, kan die gebruiker dan heraansoek doen vir 'n verdere dienstydperk. Hierdie tydsbeperking is pro-aktief ingestel omdat die gebruikersreg kragtige funksies ontsluit wat potensieël gevaarlik kan wees in die hande van 'n kwaadwillige gebruiker. Dit is ook waarom koppelvlakadministrasieregte slegs toegeken word aan gebruikers wat hoogs betroubaar is, ten minste 'n basiese begrip van CSS en JS het, bewus is van die privaatheidsbeleid en -praktyk van Wikimedia wikis, en 'n grondige begrip het van hoe om hulle rekening te beveilig (kies sterk en eiesoortige wagwoorde, vermy besmetting met wanware, en gebruik dubbelfaktoridentiteitstawing tydens intekening).

Indien jy die bystand van 'n koppelvlakadministrateur benodig kan jy 'n versoek rig op die Koppelvlakadministrateurs se Kennisgewingbord.

Tegniese toegang

In die algemeen is daar twee verskillende soorte bladsye in die MediaWiki-naamspasie: Boodskapbladsye and webwerfkonfigurasiebladsye. Koppervlakadminstrateurs kan beide soorte bladsye wysig en verwyder, en kan verder ook gebruikerkonfigurasiebladyse binne die gebruikerspasie van ander redigeerders wysig. Administrateurs wat nie óók koppelvlakadministrateurs is nie kan slegs die meeste (maar nie alle) boodskapbladsye wysig en verwyder.

Administrateurs en toesighouers wat nie óók koppelvlakadministrateurs is nie, kan JS- of CSS-bladsye in die gebruikerspasie van ander redakteurs verwyder asook wysigings verwyder (of onderdruk in die geval van toesighouers), en ook hulle verwyderde wysigings sien. Hulle kan egter nie wysiging aan daardie bladsye herinstel nie. Beide gewone administrateurs en koppelvlakadministrateurs kan JSON-bladsye binne die MediaWiki-naamspasie of in die gebruikerspasie van ander redakteurs wysig.

Toegang tot kode-lêërbladsye in die MediaWiki-naamspasie en in die gebruikerspasie van ander redakteurs
Toestemming Gebruiker Administrateur Koppelvlakadministrateur
Sien Yes Yes Yes
Skep No No Yes
Wysig No No Yes
Skuif No No Yes
Verwyder No Yes Yes
Sien verwyderde geskiedenis No Yes Yes
Herstel No No Yes

Lys van Koppelvlakadministrateurs

Daar is tans 2 koppelvlakadministrateurs op Wikispecies.

Koppelvlakadministrateurgebruikerskassie op Wikispecies

 

Hierdie gebruiker is 'n MediaWiki-koppelvlakadministrateur op Wikispecies. (bevestig)

Koppelvlakadministrateurs mag die koppelvlakadministrateursgebruikerskassie op hulle gebruikersbladsy invoeg. Kopieër en plak die volgende kode op jou gebruikersbladsy: {{User Interface Admin}} Let daarop dat die gebruikerskassie eksklusief is aan lede van die Koppelvlakadminstrateursgebruikersgroep.

Versoeke om koppelvlakadministrateurskap

Verduidelik asseblief hier waarom jy Koppelvlakadministrateurstoegang nodig het. Ná sewe dae, indien daar algemene instemming is dat jy 'n Koppelvlakadministrateur behoort te wees, sal een van die burokrate aan die versoek voldoen. Let daarop dat die Wikimedia-Stigting tweefaktor-identiteitstawing vereis vir gebruikers wat hierdie rol beklee.

Jy kan {{subst:RFIA|Gebruikersnaam|Rede waarom jy 'n Koppelvlakadministrateur wil wees.}} gebruik wanneer jy die versoek rig om outomaties die vorm te skep.

Huidige versoeke

None


Vorige versoeke