Wikispecies:Outo-patrolleerders

This page is a translated version of the page Wikispecies:Autopatrollers and the translation is 100% complete.

Outo-patrolleerder is 'n gebruikerstatus wat aan Wikispecies-gebruikers togeken kan word. Die status beïnvloed jou redigering gladnie, en dit word nie beskou as 'n beloning, toekenning of bevordering van enige aard nie. Dit is niks om oor besorg te wees nie.

Outo-patrolleerder

Die reg word toegeken aan ervare gebruikers met bewese begrip van Wikispecies beleid en riglyne. Die outo-patrolleerreg is bedoel om die werkslas van nuwebladsy-patrolleerders te verlig, en dit sorg dat bladsye wat deur outo-patrolleergebruikers geskep word outomaties as gepatrolleer gemerk word. Dit beteken dat die gebruiker vertrou kan word om nie ontoepaslike material, hetsy doelbewus of andersinds, in te dien nie, en dat die gebruiker gereeld genoeg nuwe materiaal indien dat dit meer doeltreffend sal wees om alles by voorbaat as goedgekeur te merk.

Enige Administrateur kan op eie diskressie hierdie reg toeken aan betroubare gebruikers wat gereeld bladsye skep en bewys het dat hulle vertroud is met Wikispecies-beleid en riglyne.

Status

Outo-patrolleergebruikers het die volgende status:

  1. Outo-gepatrolleerde redigering. Wysigings deur bevestigde gebruikers word outomaties aangeteken as "gepatrolleer (outopatrolleer)," omdat vertroude Wikispecies-gebruikers waarskynlik nie hulp nodig het met formattering of die navolging van beleid nie!

Toekenning

Outopatrolleer-status mag toegeken word deur enige Administrateur, en mag ook teruggetrek word deur enige Administrateur in geval van misbruik.

Lys van outopatrolleerders

Wikispecies het 312 outopatrolleerders. Die huidige lys is beskikbaar by Special:ListUsers/autopatrolled.

Daarbenewens het al 22 administrateurs outomaties ook outopatrolleerregte. Die huidige lys van administrateurs is beskikbaar by Special:ListUsers/sysop.

Gebruikerskassie op Wikispecies

  Hierdie gebruiker het outopatrolleerregte op Wikispecies. (bevestig)

Outo-patrolleerders mag die outo-patrollleerdergebruikerskassie op hulle gebruikersbladsye bylas. Kopieer en plak die volgende kode op jou gebruikersblad: {{User Autopatroller}}

Gebruikerskassie op Meta-Wiki

Indien jy 'n Meta-Wiki gebruikersbladsy het, kan jy die outo-patrolleergebruikerskassie vir Meta op jou Meta-Wiki gebruikersbladsy invoeg.