Wikispecies:Tienjaarvereniging

This page is a translated version of the page Wikispecies:Ten Year Society and the translation is 100% complete.

Wat is die Wikispecies Tienjaarvereniging?

Die Tienjaarvereniging is 'n informele groep van redakteurs wat al vir tien jaar of meer bydra tot die Wikispecies-projek. Dit bestaan sodat redakteurs 'n dekade van bydraes aan 'n projek waaroor hulle passievol is kan vier, om langtermyndeelnemers aan die projek saam te bind, en om die uitruil van perspektiewe en kundigheid toe te laat. Dit word nie bedoel as 'n uitdrukking van meerderwaardige wedywering nie, maar is eerder welwillende erkenning van entoesiasme en toewyding.

Lidmaatskap

Lidmaatskap is, soos die naam sê, bloot afhanklik daarvan dat iemand vir minstens tien jaar lank 'n redakteur was. Lidmaatskap is opsioneel en word vryelik toegestaan, in die oorspronklike gees van wiki-samewerking waarin dit begin is. Enige redakteur kan lidmaatskap voorstel of toeken aan enige ander kwalifiserende redakteur, wat op hulle beurt dit na goeddunke kan aanvaar of van die hand wys. Daar bestaan 'n uitnodigingsjabloon om nuwe lede mee uit te nooi.

Lede word gelys by Category:Members of the Ten Year Society of Wikispecies editors. Diegene wat verenigingslidmaatskap op hulle gebruikersbladsy wil aandui kan die {{User Ten Year Society}} gebruikerskassie gebruik.