This page is a translated version of the page Wikispecies:Babel and the translation is 100% complete.

Babel is 'n manier om die tale wat deur Wikispecies-gebruikers gepraat word te sien, met behulp van die "Babel"-uitbreiding.

Betekenis

Die Babel-uitbreiding laat gebruikers toe om te spesifiseer watter tale hulle ken, en hierdie ontlederfunksiestellings bestaan uit twee dele. Die eerste deel is die taalkode (soms met 'n nommer), die tweede deel is 'n kort verduideliking.

Die taalkode bestaan uit twee of drie letters ("en" vir Engels, "nl" for Nederlands, ens.), soms met 'n nommer.

  • xx (sonder 'n nommer) beteken dat die persoon 'n moedertaalspreker van die taal is.
  • xx-4 beteken dat die persoon die taal praat op nagenoeg-moedertaalvlak.
  • xx-3 beteken dat die persoon die taal praat op 'n gevorderde vlak.
  • xx-2 beteken dat die persoon die taal praat op 'n middelmatige vlak.
  • xx-1 beteken dat die persoon die taal praat op ingangsvlak.
  • xx-0 beteken dat die persoon die taal nie kan praat nie.

Gebruik van Babel-ontlederfunksies

Dis nie moeilik on Babel-ontlederfunksies op jou gebruikersblad te sit nie.

Begin so:

{{#babel:

Voeg dan, na die dubbelpunt, die ISO-kode van die betrokke taal en jou bekwaamheidsvlak in. Indien jy byvoorbeeld Engels verstaan op ingangsvlak:

{{#babel:en-1}}

Gaan voort deur een regafstreep (|) en xx-<vlak>-kode vir elke taal by te voeg, totdat al die tale wat jy wil ingesluit is. As jy byvoorbeeld 'n moedertaalspreker van Engels is terwyl jy Duits en Frans op ingangsvlak verstaan, sal die sjabloonkode so lyk:

{{#babel:en|de-1|fr-1}}

Dit is ook moontlik om gebruikerstale te deursoek met behulp van Kategorie:Babel.