Wikispecies:Woordlys

This page is a translated version of the page Wikispecies:Glossary and the translation is 99% complete.
Outdated translations are marked like this.

Terminologie en afkortings

Directory A·B·C·D·E·F·G·H·I·J·K·L·M·N·O·P·Q·R·S·T·U·V·W·X·Y·Z

!

  • !: Dui aan dat die outeur 'n eksemplaar gesien het.
  • : Dui aan dat 'n takson uitgesterf is, dat 'n (tiep) eksemplaar vernietig is, of dat 'n publikasie nadoods verskyn het.

A

  • affinis (dikwels afgekort as aff. of soms as affin.) beteken dat beskikbare materiaal of ander bewyse daarop dui dat die betrokke takson verwant is  – 'n verwantskap het met – maar nie identities is nie, aan die takson met die binominale naam wat daarna verskyn. Die Latynse woord affinis kan vertaal word as "naby familie van", of "soortgelyk aan".
  • agg. Saamgevoegde spesies. 'n Groep naverwante spesies wat vir praktiese doeleindes as 'n enkele spesies benader word.
  • allotype 'n Aangewese paratiep van 'n spesies (of ondergeskikte takson) wat teenoorgesteld in geslag met die holotiep is.
  • auct.; auctt. (Auctorum) 'n Naam wat gebruik word in die sin waarin 'n aantal latere outeurs dit gebruik het, en wat nie dieselfde is as die sin waarin die oorspronklike outeur dit beskryf het nie. Dit word dikwels saam met nec of non gebruik om 'n wantoegepaste naam aan te dui.
  • autonym 'n Outomatiese geskepde infrageneriese of infraspesifieke naam.

B

  • basionym In plantkunde, die eerste wettige naam ("basisnaam") waarop 'n nuwe rangordenaam of 'n nuwe kombinasie gebaseer is, en wat die laaste deelnaam, naam, of die stamnaam vir die nuwe kombinasie of nuwe rangordenaam voorsien. Dieselfde as 'n protoniem in dierkunde, en 'n basoniem in bakteriologie.
  • basonym In bakteriologie, die eerste naam wat vir 'n takson gebruik is. Dieselfde as 'n protoniem in dierkunde, of 'n basioniem in plantkunde.
  • bis In outeurafkortings verwys "bis" na die tweede seun van 'n outeur. Vergelyk met "f." en "filius". Byvoorbeeld: Schult.f. (Julius Hermann Schultes, 1804–1840) en J.H.Schult.bis (Julius Hermann Schultes, 1820–1887), onderskeidelik die eerste en tweede seuns van Josef August Schultes (1773–1831, Schult.)

C

  • Candidatus In bakteriële nomenklatuur is Candidatus 'n komponent van die taksonnaam vir 'n bakterie wat nie in 'n bakterie-kultuurversameling onderhou kan word nie. Dit dui op 'n tussentydse taksonomiese status vir organismes wat nognie gekweek is nie. Volgens die "Ad hoc-komitee vir die her-evaluering van die spesieskonsep in bakteriologie", word mikrobioloë aangemoedig om die Candidatus-konsep te gebruik vir goed-onderskeibare maar nognie gekweekte organismes. Die name wat in hierdie kategorie ingesluit is word gewoonlik geskryf as: Candidatus (in skuinsdruk), die daaropvolgende naam/name in gewone skrif (met 'n aanvanklike hoofletter vir die genusnaam) en die hele naam in aanhalingstekens. Byvoorbeeld: "Candidatus Carsonella", en "Candidatus Carsonella ruddii".
  • cf. (confer). Latyn vir "vergelyk", dui op onsekere identifikasie, of verwys na 'n vergelyking tussen bronne met verskillende taksonomiese interpretasies.
  • chresonym is die aangehaalde gebruik van 'n taksonnaam, gewoonlik 'n spesies-naam, in 'n publikasie. Dit maak geen aannames met betrekking tot die aangewese toepaslikheid of korrektheid nie, cf. sinoniem.
  • chresonymy is 'n opsomming van die gepubliseerde gevalle van enige gegewe wetenskaplike naam of groep name vir 'n takson. Dit mag ortokresonieme en/of heterokresonieme insluit.
  • comb. ined. (combinatio inedita). 'n Kombinasie wat skynbaar nie geldig gepubliseer is nie of waarvan die publikasie verdag is onder een of meer bepalings van die ICBN. Verwys ook na nom. ined.
  • comb. inval. (combinatio invalida). 'n Kombinasie wat nie geldig gepubliseer is volgens die ICBN nie.
  • comb. illeg. (combinatio illegitima). 'n Geldig-gepubliseerde naam wat nie in ooreenstemming met een of meer ICBN-bepalings is nie.
  • comb. nov. (combinatio nova). 'n Nuut-gepubliseerde naam wat op 'n reedsbestaande naam gegrond is, gewoonlik met die spesies-deelnaam wat saam met 'n ander genus-naam gebruik word.
  • comb. superfl. (combinatio superflua). Oorbodige kombinasie, een wat geskep is deur 'n junior sinoniem in plaas van die toepaslike basioniem te gebruik.
  • cum descr. (cum descriptione). Met 'n beskrywing.
  • cv. (cultivated variety). Word in plantkunde voor die naam van 'n kultivar ingevoeg, bv.: Ziziphus jujuba cv. 'Spinasa'

E

  • emend. (emendavit) Die onderskeidende kenmerke of die begrensing van 'n takson het verander ("emended").
  • et al. or & al. (Grammatical genders: et alii [masculine], et aliae [feminine] or et alia [neuter]). Latyn vir: en ander; word gebruik om aan te dui dat 'n gepubliseerde werk meer outeurs het. Moet altyd in skuinsdruk wees wanneer dit as 'n afkorting gebruik word.
  • ex Gee erkenning aan die skepper van 'n naam, in gevalle waar diesulke naam nié, of ongeldig, gepubliseer is. Die gebruik is verskillend vir plantkunde en dierkunde:
    • In plantkunde kom die "korrekte" outeur laaste, net soos met kombinasie-outeurs.
    • In dierkunde kom die "korrekte" outeur eerste, waar dit die naaste aan die naam is.
  • excl. var. (exclusis varietatibus). Hierdie taksonomiese konsep sluit variëteite uit wat deur andere, latere outeurs ingesluit was.

F

  • fide "op grond van", of, met verwysing na 'n publikasie, 'n aangehaalde stelling daaruit
  • filius (often abbreviated f.) In outeurafkortings verwys "f." na die eerste seun van 'n outeur. Byvoorbeeld: L.f. (Carolus Linnaeus junior), die seun van L. (Carolus Linnaeus). Vergelyk "bis".
  • floruit (often abbreviated fl. or occasionally, flor.) Latyns vir "hy of sy het gefloreer", bedoelende 'n datum of tydperk waartydens die persoon lewendig of aktief was. In Engels kan die woord ook gebruik word as 'n selfstandige naamwoord vir wanneer iemand "gefloreer" het, bv. die mees aktiewe tydperk in die lewe van 'n taksonouteur.

G

  • gen. nov. (genus novum). 'n Genus wat vir die eerste keer, en geldig, gepubliseer is.

H

  • hemihomonyms Dieselfde naam wat gebruik word vir taksa uit verskillende nomenklatoriese jurisdiksies.
  • heterochresonym 'n Kresoniem wat verkeerdelik of ontoepaslik gebruik word vir 'n gegewe takson, moontlik weens wanidentifikasie. In plantkunde kan die term min of meer die ekwivalent van 'n latere heterotiepe homoniem wees. Voorbeelde op Wikipedia.
  • heterotypic synonym (taxonomic synonym). 'n Naam wat verwys na dieselfde takson, maar dis gegrond op 'n ander tiep vir 'n ander naam; dikwels aangedui met 'n "="-teken; in die Internasionale Kode van Dierkundige Nomenklatuur word dit 'n "subjektiewe sinoniem" genoem.
  • holotype (holotypus) 'n Enkele fisiese eksemplaar (of illustrasie) van 'n organisme, wat gebruik was toe die spesies (of ondergeskikte takson) formeel beskryf is.
  • homonym Dieselfde naam, maar gegrond op verskillende tiepe.
  • homotypic synonym (nomenclatural synonym). 'n Naam wat gegrond is op dieselfde tiep as dié van 'n ander naam; dikwels aangedui met 'n “≡”-teken; in die Internasionale Kode van Dierkundige Nomenklatuur word dit 'n "objektiewe sinoniem" genoem.
  • Hort. (Hortulanorum). Word gebruik om aan te dui dat 'n naam beduidend gebruik was in die tuinboukundige literatuur (gewoonlik in die 19e eeu of vroeër), sonder dat dit ooit behoorlik gepubliseer is. (Vir die outeurafkorting Hort (sonder 'n punt), verwys na Fenton John Anthony Hort.)

I

  • ICN or ICNafp Internasionale Kode vir die Nomenklatuur van alge, fungi en plante, voorheen bekend as die Internasionale Kode vir Plantnomenklatuur (ICBN), onderhou deur die Internasionale Vereniging vir Planttaksonomie (IAPT).
  • ICZN Internasionale Kode vir Dierkundige Nomenklatuur, gepubliseer deur die Internasionale Kommissie vir Dierkundige Nomenklatuur (ICZN).
  • in clavi. (in clavis, in clavem). In 'n sleutel of in 'n woordelys.
  • in litt. (in litteris). In briefwisseling.
  • in obs. (in observatione). As 'n waarneming.
  • in sched. (in schedis). Op 'n herbariumvel.
  • incertae sedis Van onsekere plasing. Die term word gebruik wanneer die wyere verwantskappe van 'n taksonomiese groep onbekend of ongedefinieër is.
  • ined. (ineditus). Ongepubliseerde en onbevestigde, voorlopige naam.
  • isoniem Dieselfde naam, gegrond op dieselfde tiep, maar onafhanklik gepubliseer op 'n ander tyd.
  • isotype In planttaksonomie, 'n planteksemplaar wat 'n duplikaat van, of baie soortgelyk aan, die tiepeksemplaar is en as 'n verwysingseksemplaar gebruik kan word. Hulle word versamel op dieselfde tyd en van dieselfde plant, of van nabygeleë plante, as die holotiep. Hierdie duplikaateksemplare word dikwels geskei en by verskillende instansies gedeponeer.

J

  • juv. (juvenilis). 'n Individu van 'n organisme, wat nognie sy volwasse vorm, geslagsrypheid of grootte bereik het nie.

L

  • lectotype 'n Eksemplaar of illustrasie uit die oorspronklike materiaal, wat aangewys word as die nomenklatoriese tiep, kragtens artikels 9.9 en 9.10 ICN, in gevalle waar geen holotiep tydens publikasie aangewys is nie, of die holotiep verlore is, of daar bevind is dat dit na meer as een takson verwys (verwys ook na Art. 9.13 ICN).
  • loc. cit. (loco citato). Latyn vir: 'op die aangewese plek'

N

  • nec (or non) Waarskuwing dat 'n homoniem verkeerd geïnterpreteer kan word.
  • neotype 'n Eksemplaar of illustrasie wat later uitgekies word om te dien as die enigste tiepeksemplaar, in gevalle waar die oorspronklike holotiep verlore or vernietig is, of waar die oorspronklike outeur noooit so 'n eksemplaar aangewys het nie (artikel 75 ICZN en artikels 9.6, 9.15 ICN).
  • nom. alt. (nomen alternativum). 'n Familienaam wat danksy die langdurige gebruik daarvan hanteer word asof dit geldig gepubliseer was (artikel 18 ICN).
  • nom. ambig. (nomen ambiguum). 'n Dubbelsinnige naam, gewoonlik verkeerdelik gebruik vir meer as een takson. Dikwels onmoontlik om te tiepifeer.
  • nom. cons. (nomen conservandum)
    1. 'n Familie-, genus-, spesies- of infraspeciesnaam wat geldig verklaar word en voorrang geniet bo ander gespesifiseerde name, selfs al was dit ongeldig gepubliseer, of het dit nie prioriteit nie (artikels 14.1-14.7 ICN).
    2. 'n Naam waarvan die tiep, ortografie, of geslag deur 'n beskermingsproses bepaal is (artikels 14.1, 14.9-14.11 ICN).
  • nom. cons. prop. (nomen conservandum propositum). Voorgestelde beskermde naam.
  • nom. dub. (nomen dubium, plural: nomina dubia). 'n Twyfelagtige naam waaarvoor dit moeilik of onmoontlik is om te bepaal waarna dit verwys.
  • nom. et orth. cons. (nomen et orthographia conservanda). Beide die naam en die ortografiese wisselvorm daarvan word beskerm (artikels 14.1, 14.9-14.11 ICN).
  • nom. et typ. cons. (nomen et typus conservandum). Beide die naam en die tiep van 'n familie, genus, spesies of infraspesies word geldig verklaar en geniet vorrang oor ander gespesifiseerde name, selfs al was hulle ongeldig gepubliseer of het hulle nie prioriteit gehad nie (artikels 14.1-14.7 ICN).
  • nom. illeg. (nomen illegitimum). 'n Geldig-gepubliseerde naam wat nie voldoen aan een of meer reëls nie (artikel 6.4 ICN), hoofsaaklik daardie oor onnodigheid (artikel 52 ICN) en homoniemie (artikels 53 en 54 ICN).
  • nom. illeg. hom. (nomen illegitimum homonymum). 'n Geldig-gepubliseerde naam wat nie in ooreenstemming met een of meer van die homoniemie-reëls (artikels 53 en 54 ICN) is nie. 'n Latere of jonger homoniem.
  • nom. illeg. superfl. (nomen illegitimum superfluum). 'n Geldig-gepubliseerde naam wat nie in ooreenstemming met die reël oor onnodigheid (artikel 52 ICN) is nie. Verwys ook na nom. superfl.
  • nom. inadmiss. (nomen inadmissibile). Ongeldige herbenaming van die tiep.
  • nom. ined. (nomen ineditum). 'n Naam wat skynbaar nie behoorlik gepubliseer is volgens die riglyne van artikels 29-50 ICN nie.
  • nom. inval. (nomen invalidum). 'n Naam wat nie geldig gepubliseer is volgens artikels 29-45 ICN of H.9 ICN (artikel 6.2 ICN) nie.
  • nom. nov. (nomen novum, replacement name, avowed substitute). 'n nomen novum (nuwe naam) is 'n vervangingsnaam wat gebaseer is op 'n reedsgepubliseerde naam, hetsy geldig of ongeldig. Die vorige naam is die vervangde sinoniem daarvan, en wanneer dit geldig was word dit nie gebruik as die laaste deelnaam, naam, of stamvorm van die vervangingsnaam nie. Nuwe name word geskep om homonimie of die skepping van 'n tautoniem te vermy. (Art. 6.11 ICN).
  • nom. nud. (nomen nudum). 'n "Kaal naam". Die naam van 'n nuwe takson wat gepubliseer is sonder 'n beskrywing of diagnose, en sonder 'n verwysing na 'n beskrywing of diagnose (Art. 50B.1 ICN).
  • nom. obl. (nomen oblitum, plural: nomina oblita). Latin for "forgotten name". In zoological nomenclature, a nomen oblitum is a disused scientific name which has been declared to be obsolete (figuratively "forgotten") in favour of another "protected" name; a nomen protectum.
  • nom. praeocc. (nomen praeoccupatum). Reedsbesette naam, m.a.w. een wat reeds gepubliseer is vir 'n ander takson.
  • nom. prot. (nomen protectum). Latin for "protected name". In zoological nomenclature, a nomen protectum is declared to be protected, against a nomen oblitum.
  • nom. prov. of nom. provis. (nomen provisorium). Voorlopige naam.
  • nom. rej. (nomen rejiciendum). 'n Naam wat verwerp is ten gunste van een wat beskerm is onder artikel 14 ICN, of 'n naam wat verwerp is kragtens artikel 56 ICN (App. II, III, IV, and V).
  • nom. rej. prop. (nomen rejiciendum propositum). Voorgestelde verwerpte naam.
  • nom. subnud. (nomen subnudum). Gepubliseer met 'n verdagte diagnose of beskrywing, wat twyfel laat ontstaan of dit 'n geldige naam is of nie.
  • nom. superfl. (nomen superfluum). Oorbodige naam; gewoonlik gebruik vir ongeldige name waar die korrekte naam of basioniem tydens publikasie genoem word.
  • nom. utique rej. prop. (nomen utique rejiciendum propositum). 'n Naam wat aan die ICBN (artikel 56.1) voorgelê is vir verwerping, ten einde nadelige nomenklatoriese veranderinge te vermy.
  • non design. (non designatus). Nie aangewys nie.
  • non vidi (n. v.). Nie gesien nie. Verwys gewoonlik na 'n moeilik-opspoorbare protoloog of beskrywing van 'n takson wat daarom nie geverifeer kan word nie. In die literatuur verwys dit ook na 'n eksemplaar, gewoonlik 'n tiep, wat die outeur nie in die hand kon ondersoek nie.

O

  • op. cit. (opus citatum/opere citato). Verwys na 'n aangehaalde of reedsaangehaalde publikasie.
  • opus utiq. oppr./opera utiq. oppr. (Opus utique oppressum/Opera utique oppressa). Verwys na publikasies wat amptelik onderdruk is. Name wat daarin verskyn, in rangordes soos gespesifiseer, is ongeldig gepubliseer. "Opus" is enkelvoud, "opera" is meervoud.
  • opus utiq. rej./opera utiq. rej. (Opus utique rejectum/Opera utique rejectum). Publikasies wat amptelik verwerp is. Name wat daarin verskyn, in rangordes soos gespesifiseer, is ongeldig gepubliseer. "Opus" is enkelvoud, "opera" is meervoud.
  • orth. cons. (orthographia conservanda). Bewaarde ortografiese wisselvorm.
  • orth. emend. (orthographia emendata). Ortografie aangepas in ooreenstemming met ICBN-vereistes.
  • orth. err. Ortografie-fout wat regmaakbaar is volgens ICBN-vereistes.
  • orth. var. Ortografiese wisselvorm.
  • orthochresonym'n Kresoniem wat regmatig gebruik is om na 'n takson te verwys onder die toepaslike kodes, maar waarvan die naam nie aanvaar word nie, of oorbodig geword het. Voorbeelde op Wikipedia.
  • ordo. nov. (ordo novus). Nuut-gepubliseerde of nuut-voorgestelde orde.

P

  • parahomonyms Kragtens ICN word name wat soortgelyk genoeg aan mekaar is dat hulle waarskynlik verwar gaan word, ook as homonieme beskou (artikel 53.3). Die dierkunde-kode (artikel 58) spesifiseer dáárdie stel wisselspellings wat vir hierdie doeleinde as identies beskou word.
  • paralectotype In plantkunde, 'n eksemplaar wat voor lektotipifikasie 'n sintiep was, maar nie een van die daaropvolgend verkose lektotiepe of paralektotiepe is nie. Duplikate word isoparalektotiep(e) genoem. Nie deel van ICN nie.
  • paratype In beide dierkunde en plantkunde is dit 'n eksemplaar van 'n organisme, wat help om te bepaal na watter takson 'n wetenskaplike naam verwys. Dit is egter nie die holotiep nie, en in plantkunde is dit ook nie 'n isotiep of 'n sintiep nie. Verwys ook na allotiep.
  • p.p. or pro parte "Ten dele / gedeeltelik", met verwysing na sinonieme wat ontstaan deur verdeling van taksa en veranderinge in die omskrywing van taksa.
  • preocc. ([nomen] praeoccupatum). Reedsbeset, m.a.w. die naam is voorheen gepubliseer vir 'n ander takson.
  • pro gen. (pro genus). As 'n genus.
  • pro hybr. or pro hybrid. (pro hybrido). As 'n baster.
  • pro sp. (pro specie). As 'n spesies.
  • pro syn. (pro synonymo). As 'n sinoniem.
  • protologue eerste geldige beskrywing: die formele beskrywing van 'n nuut-ontdekte takson, gewoonlik in 'n wetenskaplike artikel
  • protonym In dierkunde, die eerste naam wat vir 'n takson gebruik is. Dieselfde as 'n basioniem in plantkunde, of 'n basoniem in bakteriologie.
  • pv. (pathovar). Word in mikrobiologie ingevoeg vóór die naam van 'n pathovar ('n bakteriestam of groep stamme met dieselfde of soortgelyke kenmerke), bv. Xanthomonas axonopodis pv. citri.

Q

  • quoad typum Met verwysing na, of aangaande, die tiep van 'n takson. Gewoonlik gebruik saam met p.p. of pro parte, as p.p. quoad typum of p.p. (quoad typum).

R

  • rank The volgende uitgange dui rangorde aan in plantkundige nomenklatuur:
    • -obiotina = onderryk
    • -ophytanae = opperafdeling of opperfilum
    • -ophyta = afdeling of filum
    • -ophytina = onderafdeling
    • -opsida = klas
    • -idea = onderklas
    • -anae = opperorde
    • -ales = orde
    • -ineae = onderorde
    • -ariae = opperfamilie
    • -aceae = familie
    • -indae = opper-onderfamilie
    • -oideae = onderfamilie
    • -odae = opperstam
    • -eae = stam
    • -odinae = opper-onderstam
    • -inae = onderstam
  • vervangde sinoniem Die voorheen gepubliseerde naam, hetsy regmatig of onregmatig, waarop 'n vervangingsnaam (nomen novum) gebaseer is. Wanneer regmatig, voorsien die vervangde sinoniem nié die finale deelnaam, naam of woordstam van die vervangingsnaam nie.

S

  • sanctioned name In plantkunde, 'n sekere soort naam soos gedefinieër onder die Kode (artikel F.3) en gebruik in sekere werke van Persoon en Fries. Die name word beskou as beskerm teen vroeëre homonieme en sinonieme, maar kan steeds beskerm, verwerp of bewaar word in eie reg. Die vroeëre name word ook nie as onregmatig beskou nie.
  • sensu auct. (sensu auctorum). Soos gebruik deur die betrokke outeur, maar spesifiek nié in die oorspronklike sin nie.
  • serotype or serovar 'n Besondere intraspesifiese wisselvorm binne 'n bakterie- of virusspesies.
  • s.c. (sine collector). Sonder 'n versamelaarsnaam.
  • s.d. (sine data). Sonder 'n datum.
  • s.l..
    • sensu lato In die breër sin.
    • sine loco Sonder 'n lokaliteit (waar die eksemplaar versamel is).
  • s.n. (sine numero).Sonder 'n versamelaarsnommer.
  • s.s., s.str. (sensu stricto). In die nouer sin.
  • sine dign. defin. (sine dignitate definita). Taksa met ongespesifiseerde rangorde.
  • sine descr. (sine descriptione). Sonder 'n nomenklatoriese beskrywing.
  • species inquirenda Twyfelagtige spesies wat meer ondersoek benodig om hulle identiteit te bepaal.
  • sphalm. (sphalmate). Foutiewelik.
  • supra [see "vide supra"]
  • syn. or synonym 'n Wetenskaplike naam wat verwys na 'n takson wat tans 'n ander wetenskaplike naam het. Sinonieme kan ontstaan wanneer dieselfde takson meer as eenmaal, onafhanklik, beskryf word. Hulle onstaan ook wanneer bestaande taksa verander, soos wanneer twee taksa saamgevoeg word, of 'n spesies na 'n ander genus geskuif word, of 'n variëteit na 'n ander spesies geskuif word, ens. 'n Sinoniem bestaan slegs relatief tot 'n ander wetenskaplike naam en kan nie onafhanklik staan nie. Een takson kan verskeie sinonieme hê, maar net een geldige wetenskaplike naam. 'n Voorbeeld hiervan is die huishond. Dit is oorspronklik beskryf as Canis aegyptius. Enkele jare later is dit herbeskryf as Canis minor (benewens verskeie ander name), en vandag is dit bekend as Canis lupus familiaris. Beide Canis aegyptius en Canis minor is daarom sinonieme van die huidige geldige wetenskaplike naam Canis lupus familiaris – en almal is van toepassing op dieselfde takson.
  • Syntype In plantkunde, enige eksemplaar wat in die protoloog genoem is in gevalle waar daar geen holotiep is nie, of enige een van twee of meer eksemplare wat gesamentlik as tiepe aangewys is (artikel 9.5 ICN). In dierkunde, elke eksemplaar in 'n tiepreeks (q.v.) waaruit nóg 'n holotiep nóg 'n lektotiep aangewys is [artikels 72.1.2, 73.2, 74 ICZN]. Die sintiepe gesamentlik behels die naamdraende tiep.

T

  • t., tab., tabula (Beeld)plaat, gebruik in 'n bibliografie om na 'n genommerde illustrasie te verwys. Daardie illustrasie kan as 'n afdeling beskou word (sommige werke het ongenommerde bladsye wat ooreenstem met genommerde plate) of dit kan in eie reg die geldige publikasie van 'n naam verteenwoordig (kragtens ICZN artikel 12.2.7 of ICNafp artikel 38.7).
  • tautonym 'n Toutoniem is 'n wetenskaplike spesiesnaam waarvan beide dele van die naam dieselfde gespel word, bv. Pica pica. Dit word toegelaat in dierkundige nomenklatuur, maar is verbode in planttaksonomie.
  • tax. nov. (taxon novum). 'n Nuwe takson.
  • t.b.c. Hangende bevestiging.
  • topotype 'n Eksemplaar vanaf die tieplokaliteit.
  • typ. cons. (typus conservandus). Met 'n beskermde tiep.
  • typus or type Dié besondere eksemplaar (of uitsonderlik 'n groep eksemplare) waaraan 'n wetenskaplike naam formeel gekoppel word. Die tiep is 'n voorbeeld wat dien om 'n spesifieke wetenskaplike naam te anker in 'n spesifieke takson.
  • Type genus genus wat die stamnaam vorm waaruit die naam van 'n familie of subfamilie afgelei word. Die tiepgenus is nie noodwendig die mees verteenwoordigende nie, maar is gewoonlik die eersbeskryfde, grootste of mees bekende. In plantkunde het die tiepgenus geen formele status nie, maar wel in dierkunde.
  • Type locality Die geografiese ligging van die oorspronklike vindplek van 'n tiepeksemplaar.
  • Type species Elke genus moet 'n aangewese tiepspesies hê waarmee dit permanent verbind word. In plantkunde het die tiepspesies geen formele status nie, maar wel in dierkunde.

U

  • Unplaced name Name wat nie tans aanvaar kan word nie, maar ook nie sinonieme is nie. Dit mag wees omdat die naam nie geldig gepubliseer is nie, of dit is 'n latere homoniem en daarom onregmatig, of dit is 'n spesies waarvan die genusnaam nie aanvaar word nie. Verwys ook na comb. ined. en nom. ined.

V

  • varietas (var., plural form varietates) "variëteit", 'n taksonomiese rangorde onder spesies en subspecies, maar bokant dié van vorm.
  • vide"sien" of "verwys na", word gebruik in wetenskaplike aanhalings.
    • vide infra (v. i.) "sien hier onder", word gebruik in wetenskaplike werke.
    • vide supra (v. s.) "sien hierbo", word gebruik in wetenskaplike werke. Soms verkort tot net supra.
  • videlicet (viz) samevoeging van "videre licet" ("'n mens mag sien", "dit is sigbaar") en word soms gebruik instede van vide infra.


Sien ook

Verwysings