Wikispecies:Gebruikerspeurders/Hoe?

This page is a translated version of the page Wikispecies:Checkusers/Howto and the translation is 100% complete.

Hoe word mens 'n gebruikerspeurder?

Meta-beleid vereis dat alle gebruikerspeurders minstens 18 jaar oud moet wees, wettig volwasse in hulle plek van herkoms, en gewillig om stawende identifikasie aan die Wikimedia-Stigting te verskaf.

Gebruikerspeurderregte word slegs toegeken aan individuele gebruikers na deeglike oorweging deur die gemeenskap. Dit is 'n hoogs sensitiewe rol en goedkeuring word nie ligtelik gegee nie. Indien jy oorweeg om aansoek te doen sal dit goed wees om eers te konsulteer met bestaande gebruikerspeurders en ag te slaan op hulle menings.

Suksesvolle aansoeke vereis minstens 25 ondersteunende stemme plus 'n 80% positiewe stem (onderhewig aan normale burokraatdiskressie). Aansoeke om gebruikerspeurderstatus bly oop vir twee weke.

Kragtens meta-beleid sal die gebruikerspeurderstatus verwyder word van enige gebruikersrekening met sodanige status nadat die rekening ledig is vir meer as 'n jaar.

Ter wille van wedersydse toerekeningsvatbaarheid, moet Wikispecies altyd minstens twee gebruikerspeurders hê. Indien 'n bestaande gebruikerspeurder aftree en daar net een oorbly, moet 'n ander onmiddelik aangestel word, anders sal die oorblywende gebruikerspeurdertoestemming ook verval; in so 'n geval sal versoeke om gebruikernaspeuring dan deur 'n rentmeester hanteer moet word.

Die aansoek om gebruikerspeurderskap

Wanneer jy gereed is kan jy self aansoek doen, of jou nominant vra om aansoek te doen, by Wikispecies:Gebruikerspeurders.