Wikispecies:Administrateurs/Administrateurshersiening

This page is a translated version of the page Wikispecies:Administrators/Admin Review and the translation is 93% complete.

Administrateurshersieningsbeleid

Aktiwiteit

Die toepassing van hierdie deel van die beleid word hier aangespreek.

Soortgelyk aan die beleid vir administrateurstoegang op Meta, sal die regte van ledige Wikispecies-administrateurs (insluitende diegene met burokraatregte) herroep word. 'n "Ledige administrateur" is iemand wat in die voorafgaande 12 maande minder as 5 wysigings en 5 administrateursaksies op Wikispecies gemaak het. Vir hierdie doeleinde is 'n "administrateursaksie" 'n aksie wat die gebruik van administrateursgereedskap vereis, en as sulks aangeteken word in loglêërs.

Logs that specifically show admin actions can be found at XTools: 2023, 2024. These logs will only show activities that are admin-specific; they will not list more commonplace activities such as editing taxon pages or adding comments to talk pages.

Indien 'n administrateur egter 'n boodskap op die administrateurs-kennisgewingbord plaas dat hulle afwesig sal wees vir 'n tydperk van hoogstens 12 maande, en 'n beoogde terugkeerdatum gee, behoort geen stappe rakende hulle ledigheid geneem te word vóór twee maande ná daardie datum nie.

Ledigheid: Skrappingsproses vir administrateurskap weens ledigheid

  1. 'n Kennisgewing moet met behulp van sjabloon {{De-adminship warning message}}, 'n waarskuwing van skrapping van administrateurskap, op die ledige administrateur se geselsblad geplaas word, met 'n skakel na hierdie beleid en 'n verduideliking dat adminstrateursvoorregte dalk verloor kan word. 'n E-pos behoort ook gestuur te word.
  2. Indien daar, soos vereis, binne 30 dae van die kennisgewing steeds geen reaksie van die administrateur en 'n versoek vir die behoud van voorregte is nie, sal die voorregte geskrap word.
  3. Indien die administrateur reageer op die kennisgewing maar dan versuim om binne ses maande ná die kennisgewing, soos vereis, vyf administrateursaksies uit te voer, sal die voorregte elkgeval geskrap word sonder verdere kennisgewing.

Administrateurs wat hulle administrateursregte weens ledigheid verloor het kan deur die gewone proses heraansoek doen wanneer hulle weer aktief betrokke wil raak.

Skrapping van regte

Wanneer 'n administrateur of burokraat hulle voorregte verloor sal 'n plaaslike burokraat 'n versoek om die verwydering van gevorderde regte rig aan die rentmeesters by Meta.

Die voormalige administrateur of burokraat behoort in kennis gestel te word met 'n boodskap op hulle geselbladsy.