Sjabloon:Welkom
Welkom by Wikispecies!
Goeiedag, en welkom by Wikispecies! Dankie vir jou bydraes. Ek hoop dat jy van die plek sal hou en gaan besluit om the bly. Sommige bladsye waarna jy dalk wil kyk is:
- Hulp:Inhoud is 'n goeie inleiding tot die redigering van Wikispecies.
- Sjablone bestaan om jou te help om ons standaarde vir sintaks en formattering na te volg.
- Gooi ook 'n oog oor Gedaan en ongedaan.
Indien jy self 'n takson benaam het, is dit waarskynlik dat daar reeds 'n Wikispecies-bladsy oor jou bestaan (of mettertyd sal wees), sowel as ander bladsye oor jou publikasies. Verwys asseblief na ons raad en riglyne vir taksonouteurs.
Indien jy bruikbare prente het wat jy wil bydra tot Wikispecies, laai hulle gerus op by Wikimedia Commons. Dieselfde geld vir video- of oudio-lêërs met voëlgesang, walvisgeluide, ens.
Onderteken asseblief jou kommentaar op geselsbladsye met vier tildes (~~~~); dit sal outomaties jou gebruikersnaam (indien jy ingeteken is) en die datum invoeg. Lees asseblief ook die Wikispecies-beleid Wat Wikispecies nié is nie. As jy hulp nodig het, vra my gerus op my geselsbladsy, of by die Geselshoekie. Nogmaals welkom!