This page is a translated version of the page Wikispecies:Charter and the translation is 100% complete.

Om Jimbo Wales aan te haal:

Soos julle weet, was die instelling van hierdie projek ietwat omstrede in sommige gevalle, daarom wil ek die vroeë ontwikkeling van 'n sterk beleidsriglyn teen aftakking hier voorstel, om aan te toon hoe Wikispecies beduidend verskil van artikels wat in 'n algemene ensiklopedie sou verskyn.
Die volgende is sommige kernpunte wat deur die raad voorgestel is ten tyde van hierdie projek se goedkeuring:
Ons het die WikiSpecies wiki opgestel sodat bioloë kan begin om die projek te organiseer.
Ons stel voor dat die sagteware ontwikkel word om noue integrasie met Wikipedia ten sterkste te ondersteun, ten einde duplisering te vermy, m.a.w. om aftakking te vermy.
Ons versoek die deelnemers op Wikispecies om veral in ag te neem hóé hulle werk behoort te verskil van die van 'n algemene ensiklopedie.


Bykomende inligting